
Besonderhede het aan die lig gekom oor die Al Kaida bedreiging wat gelei het tot die tydelike sluiting van sowat 20 Amerikaanse ambassades in die Midde-Ooste en in Afrika.
Volgens berigte het Amerika gesprekke onderskep tussen die Al Kaida-leier, Ayman al-Zawahri en die organisasie se hoof in Jemen.
Die Obama-administrasie beskryf dit as een van die ernstigste sameswerings teen die VSA.
Geen teikens is uitgesonder nie, maar dit was duidelik dat ‘n terreuraanval binnekort sou plaasvind.
Die onderskepte oproep van al-Zawahri, wat die leisels by Osama bin Laden oorgeneem het, het Amerika genoop om sy ambassases van Mauritanië aan die weskus van Afrika regdeur tot in die Midde-Ooste te sluit.
Kritici van die Obama-administrasie meen egter die bedreiging word oorspeel om fokus van die Bengazi-skandaal af te haal.
Dit het aan die lig gekom dat die VSA wapens aan Islamistiese terreurgroepe beskikbaar gestel het wat gelei het tot die aanval op die Amerikaanse ambassade en die dood van ‘n gesant en ander diplomatieke personeel.
Ambassades in Kaboel, Afghanistan en Baghdad, wat goeie veiligheidsmaatreëls het, is gister heropen.