MDC-ondersteuners aangeval

Deel op
MDC-ondersteuners
Geweld in Shamva

Zimbabwe se MDC beskuldig ondersteuners van Zanu-PF daarvan dat hulle 42 families in Harare aangeval het.

‘n Woordvoerder van die MDC, Douglas Mwonzora sê die families is uit hulle woonstelle uitgesit en dat hulle skuiling gesoek het by die party se hoofkantoor in Harare.

Die MDC beplan ‘n hofaansoek teen die uitslag. Morgan Tsvangirai sê hulle is gereed om amptelik beswaar aan te teken teen die land se verkiesingsuitslae. Dit kan die 89-jarige Mugabe se inhuldiging vertraag.

Hy is pas vir ‘n verdere vyfjaar termyn verkies. Nadat die klag gelê is teen Zanu-PF, het die land se hoogste hof 14 dae om tot ‘n besluit te kom.

President Robert Mugabe is as die wenner van die verkiesing verklaar met 61 persent van die stemme. Die MDC kandidaate Morgan Tsvangirai het net 34 persent van die stemme op hom verenig.

Zanu-PF het ook 152 van die 210 setels in die parlement gewen, wat die party ‘n twee-derdes meerderheid gee en hom in staat stel om die grondwet te wysig.

Na die verkiesing in 2008 is MDC ondersteuners landwyd aangeval in ‘n vlaag geweld waarin 200 mense dood is.

‘n Zimbabwiese verkiesingskommissaris het intussen bedank en ernstige twyfel uitgespreek oor die integriteit met die land se verkiesingsuitslae

Makhululi Nyathi sê hy het bedank oor die wyse waarop die kommissie Woensdag se verkiesing gehou het. Afrika-waarnemers het in teenstelling met Nyathi se siening hul wye steun gegee.

Die MDC-leier, Tsvangirai het die verkiesing vroeër as ‘n klug bestempel.

Die Europese Unie het op sy beurt gesê hy is bekommerd oor die beweerde onreëlmatighede en ‘n gebrek aan deursigtigheid in die verkiesings. Die EU se uiteindelike besluit oor die verkiesing, sal deurslaggewend wees wanneer besluit word oor die verslapping of verstewiging van sanksies teen Zimbabwe.

Die EU se buitelandse beleidshoof, Catherine Ashton, sê die EU sal die verwikkelinge die volgende paar weke noukeurig dophou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.