Oor skole, perde en vaardighede

Deel op

Die siening van die adjunk-president dat vaardighede ingevoer moet word, is nogal heel interessant. Ek dink nie dat die vrou al enigsins helder gedink het oor die saak voordat sy sulke uitsprake gemaak het nie. En die motiverings daarvoor is nog meer van ‘n ondeurdagte saak. Die een ding wat sy in gedagte moet hou, is dat mens ‘n perd tot by die water kan lei, maar jy kan hom nie maak drink nie. En die beginsel geld regdeur die lewe. Op skool, in ‘n werksituasie of waar mens leef en speel.

Deel op

Die adjunk-minister se stelling dat mense van buite met vaardighede ingevoer moet word, is ‘n totale absurditeit wat aan waansin grens. Die invoer van vaardige mense sal geensins die probleme in dié land van ons oplos nie. Dis net ‘n maatreël om die gewetens van die mense in die topposisies te sus, sodat hulle darem in alle eerlikheid vir die volk kan sê dat hulle werklik hard probeer om die wanbalanse van die verlede reg te stel. Die waarheid is dat die regering in al hulle glorie vir die volgeling op voetsoolvlak minder as niks voel nie, en dat die funksionele vensterversierings wat ingevoer word om vaardighede aan te vul nie veel werd sal wees nie.

Verder kan mens die stelling ook staaf deur te sê dat as die ek-kan-niks-doen-nie-mentaliteit van die deursnee swart mens nie vinnig verander nie, die invoer van vaardighede nie ‘n bloue duit sal help nie.

Dit is bloot ‘n manier vir die regering om geld te mors wat elders baie beter aangewend kan word. Die feit dat opvoeders en kundiges van elders die grense oorsteek, sal vir seker nie maak dat die swart mense hulle gebrekkige werksetiek sal verander waaroor vele swart meningsvormers al self kommentaar gelewer het nie. Vir die hordes lui mense in die land sal dit net lyk asof nog ‘n persoon gekom het om hulle mensereg tot luiheid te onderdruk. Verder is die vraag dit: Sal die persoon wat gevra word om hier te kom werk gelukkig wees onder omstandighede wat grens aan anargie in die onderwysstelsel, onder omstandighede wat totaal haglik, sonder dissipline en orde is? Ek dink nie so nie. En as ons kyk na veiligheid en salaris hoef ek niks by te voeg nie. Die huidige stand van sake spreek vanself.       

Onlangs is daar op hierdie webwerf berig oor die verkryging van subsidies deur mense wat nie geregtig daarop is nie; dit sluit aan by wat ek sê. In die eerste plek is dit nie die subsidies wat onwettig is nie, maar die staatswaarborge wat die mense op oneerlike wyse verkry het. Enige persoon in die staatsdiens kan aansoek doen en subsidie kry, maar soos die verantwoordelike persoon gesê het, is die staatswaarborge slegs vir mense bedoel wat nie die geld het om ‘n deposito op ‘n huis te kan betaal nie. Daar is wel een stelling van die persoon wat totaal verkeerd is en dit is dat die meganismes om die toestaan van staatswaarborge te reguleer nie in plek was nie. Dit is ‘n infame leuen daardie. In die ou staatsdiens was álle meganismes in plek en was daar geen tekorte nie. Die regulering van die toestaan van staatswaarborge en subsidies was totaal onder beheer op enige tydstip en indien ongerymdhede raakgesien is, is hulle baie vinnig en akkuraat aangespreek en reggestel.

Die feit dat daar nou gekla word oor die onaanvaarbaar hoë syfers van poste wat nie in die staatsdiens gevul kan word nie, is geensins vreemd nie. Sulke personeeltekorte het ontstaan omdat die swart regering die mense wat kennis en vaardigheid het uit die poste gewerk het.Vandaar die geweldige probleme wat tans in die staatsdiens heers. Die regering is self verantwoordelik vir die gemors waarin hy hom bevind. Mense wat onbevoeg is, is in poste geplaas waar velkleur nie ‘n plek het nie, maar die afgesaagde refrein van regstellende aksie het voorkeur gekry. Die blankes wat jare lank in poste gesit en leer het om die werk reg en behoorlik te kan doen, is sonder meer vervang deur onbevoegde swart mense wat slegs in die pos is vir die salaris en minder as niks omgee vir die staat nie. Dit is die norm in die land. Ongelukkis is dit so dat die swart mens iemand is wat oor die algemeen nie die beginsels van lojaliteit en werksetiek kan besef en aanvaar nie.

Rondom die skole en universiteite wat nie die geskoolde mense kan oplewer nie is dit nie snaaks as mens die stelsel in ag neem nie. Die Uitkomsgerigte onderwysstelsel is lank reeds in oorsese lande nie meer van toepassing nie, en dis interessant dat die regering dit nie wil of kan opmerk nie. Die feit dat hulle sien dat die sisteem in duie stort, is nou nie juis iets wat hulle tot kommer stem nie. En dan is dit mos weereens maklik om apartheid te blameer!

Ek het nou onlangs die twyfelagtige voorreg gehad om Engelse taalhandboeke wat vir laerskool gebruik word onder oë te neem en die inhoud daarvan is skokkend. Die rassehaat, politieke propaganda en aanblaas van onverdraagsaamheid wat in die boeke verkondig word vir waarhede is totaal onaanvaarbaar. Die huidige sisteem se ondergang is juis dít wat in die skole verkondig word. Die land se ondergang is in sy opvoedingstelsel gewortel.

Die regering se verskoning dat daar nie vaardige opvoeders bestaan nie is maar net nog een van die vele leuens wat verkondig word.

Die huidige regering se lede het baie van hulle basiese onderwys in die ou bedeling (die fameuse apartheidstelsel) ondergaan en sover ek kan sien, skiet dit hulle nie tekort aan kennis nie. Dis net die gebrek aan wil om te dink. Ja, ek erken dat baie van hulle oorsee verder gestudeer het, maar ek lei ook af dat vele van die grade waarmee hulle sit aan hulle gegee is om van hulle ontslae te raak, eerder as wat hulle dit verdien het. Ons gesondheidsminister is een ooglopende geval. As mens in Wes-Europa of Noord-Amerika jou graad verwerf, moet jy wérk daarvoor, iets wat kennelik indruis teen die Afrikamentaliteit van bakhand staat om te ontvang.

Die universiteite is maar net nog ‘n geval van agteruitgang wat toenemend vinnig gebeur. In die jare her het ons wel mense gehad wat verskillende syfers tussen hul historiese en akademiese jare vertoon het. Feit is egter dat, as hulle wel hul akademiese loopbaan voltooi het, hulle die werk geken het en kon hulle sonder probleme in die beroepe instap.

Dit wil voorkom – soos ek reeds tevore opgemerk het – asof politieke aktivisme en verwante dinge die enigstes is wat ernstig deur swart mense op universiteit bemeester word. As hulle eerder die verlede los waar dit hoort en aandag gee aan ander vakke, sal dit nie vir die land nodig wees om kundiges in te voer wat teen dieselfde struikelblokke te staan gaan kom as die blanke kundiges wat reeds hier beskikbaar is nie.

Die feit dat hoeveel van vandag se regeringsamptenare sogenaamde “adviseurs” het om hulle te help, is net nog ‘n bewys van die swart mens se onvermoë om self te doen wat reg en nodig is. As hulle so slim en volleerd was, sou hulle nie die hulp van blanke “adviseurs” nodig gehad het nie.

Die dame se opmerking dat kinders gedwing moet word om in die skole te bly tot hulle matriek slaag, is maar net nog ‘n onpraktiese en onuitvoerbare idee. Die nare waarheid is dat die deursnee-ouderdom in die matriekklas sou styg tot middel- en laat twintigs. Die vlak van die kwalifikasie sal waarskynlik nie veel meer wees as die vermoë om baie gebroke te kan lees en minder te kan skryf nie. Van wiskunde is daar so te sê geen sprake nie; dis die een gebied waarvoor swartes net geen aanleg toon nie.

Die belangrike ding om hier in die oog te hou, is dat mens iemand kan dwing in ‘n plek in, maar as sy hart nie daarin is nie sal dit geen voordele vir hom inhou nie. As hy nie wíl leer nie, sal niks ter wêreld hom daartoe kan dryf nie. Die oeroue storie van die perd en die water.

Die geagte adjunk-president se verdere opmerkings oor die opvoeding op die platteland is net so ongegrond. As sy nou nog nie weet dat dit die boere se vroue was wat begin het om plaasskole te hou en die mense te leer nie, dan sal sy dit nooit weet nie. Dit was mense wat uit die goedheid van hulle hart – sonder staatshulp – begin het met die ondankbare werk om mense van totale ongeletterdheid te red. Mense wat uit hulle eie sakke klein geboutjies opgerig het, gemeubileer het en die swart kinders probeer opvoed het.

As sy wel praat van struikelblokke is sy reg. Die grootste struikelblok is die onwilligheid om te leer, omdat die leerder weet dat daar verantwoordelikheid met die geleerdheid saamkom, en dit is nog iets wat nie die swart inwoner op ons kontinent pas nie. Verantwoordelikheid beteken dat rekenskap vereis kan word, en dit is die grootste vrees vir enige swart boorling van Suid-Afrika.

Rekenskap: die implikasie is te verreikend en is dus die maklikste om te vermy deur al die ander voordele wat dit wel kan inhou ook maar liewer te vermy. Myns insiens is dit die een groot rede hoekom apartheid en die beswaar daarteen nooit sal ophou nie. Dis hul enigste verweer teen alle probleme: swak onderwys, sosio-ekonomiese omstandighede, misdaad, werkloosheid en elke ander kwessie wat geopper kan word.

Dit klink kras, maar soveel akademiese navorsers en beamptes van hulpagentskappe in Afrika het al soortgelyke dinge gesê: Die naakte waarheid is dat dit nie apartheid of kolonialisme se skuld is nie; dis die onwilligheid van die swart mens om homself te verbeter.

сухие смесипрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.