Moordverdagtes op eetstaking

Deel op

hongerstakingTwee mans wat aangehou word weens poging tot moord, Johan Prinsloo en Mark Trollip, het tronkowerhede amptelik in kennis gestel van hul voorneme om van Maandag af op te hou eet.

Die twee is van ander verhoorafwagtende gevangenes in die Grootvlei-tronk buite Bloemfontein geskei, omdat hulle tans amptelik op ‘n eetstaking is.

Woordvoerder vir die Vrystaatse departement van korrektiewe dienste, Puleng Mokhoane, het gesê hulle word in afsondering aangehou sodat hulle gemonitor kan word.

Volgens Mokhoane is die twee ongelukkig oor die swak gehalte kos wat hulle in die tronk ontvang, en dat hulle meen die ondersoeke neem te lank om tot ‘n punt te kom.

Prinsloo het verlede week in ‘n brief aan OFM-nuus gesê sy grondwetlike regte word in die tronk geskend en dat sy gesondheid daagliks agteruit gaan.

Prinsloo en Trollip word saam met Hein Boonzaaier en Martin Keevy daarvan verdink dat hulle beplan het om tydens die ANC se Mangaung-kongres verlede jaar, top-leiers te vermoor. – OFM

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.