Die Wes-Kaapse Premier Helen Zille gaan nie die kommissie wat in Augustus jaar aangestel is om ondersoek in te stel na beweerde ondoeltreffendeheid van die polisie in die Kaapse Vlakte, se geldigheid verdedig nie.
Die Kommissie van ondersoek na die doeltreffendheid van polisiëring in Khayetlisha sal nie ‘n aansoek om sy geldigheid te bevraagteken in die Konstitusionele Hof teenstaan nie, het die DA aangedui.
Die sekretaris van die Kommissie, Amanda Dissel sê die Kommissie het inligting aan die Grondwethof deurgegee en sal daarom berus by die uitspraak van die hof.
Die minister van Polisie, Nathi Mthetwa het die ondersoek in die Wes-Kaapse hooggeregshof teengestaan, waar die aansoek van die hand gewys is.
Mthethwa het besluit om teen die Wes-Kaapse hooggeregshof se uitspraak te appèlleer. Die aansoek word vandag in die Grondwethof aangehoor.
Die Kommissie se kantoor in Khayelitsha is egter steeds oop vir lede van die publiek wat verklarings oor polisiëring in die gebied wil indien, en inligting oor polisieoptrede in die gebied word steeds ingesamel.