Zimbabwiërs verdien vir Mugabe

Deel op

delport_manfred_600

deur Manfred Delport

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Al wat ‘n koerant en radiostasie is, is buite hulself met vertontwaardiging oor hoe Robert Mugabe die pas afgelope verkiesing in Zimbabwe glo “gesteel” het. Ek moet tog vra: Het enige iemand iets anders verwag van ‘n terroris aan die hoof van die Zanu-PF, wat steeds bloot ‘n terreurbeweging is? Dis ewe absurd om te verwag dat ‘n ander terreurbeweging, die ANC, goed sal kan regeer, of dat die ANC ooit ‘n nederlaag by die stembus bloot gedweë sal aanvaar.

 Die massamoordenaar en Russiese diktator, Joe Stalin, wat ook steeds, en nie om dowe neute nie, ‘n held vir baie binne die ANC is, het dit reeds in die 1920s raak opgesom: “Dis onbelangrik wie gaan stem, of hoe mense stem. Dit is wel baie belangrik wie die stemme gaan tel, en hoe daardie stemme getel word.”

Mugabe en sy trawante het bloot Stalin se woorde ter harte geneem.

Selfs al aanvaar mens dat daar wydverspreide knoeiery voorgekom het, is dit eweneens so dat Mugabe tog ‘n beduidende steunbasis in Zimbabwe se landelike kiesafdelings het, en selfs die linkse media in Suid-Afrika gee hom daaroor gelyk. Selfs sonder die spookkiesers en duplikate op die kieserslys, is daar dus miljoene Zimbabwiërs wat willens en wetens vir die Zanu-PF gestem het.

Dit is ook opmerklik dat Morgan Tsvangirai se MDC steeds willens en wetens aan die verkiesing deelgeneem het, al mor hulle nou oor die uitslag daarvan. In die proses het die MDC die ganse petalje gelegitimeer, nes blankes in Suid-Afrika die wanfunksionele Guptatopiese kiesstelsel legitimeer deur daaraan te wil deelneem.

Dus: Miljoene Zimbabwiërs, volgens die amptelike uitslag naastenby twee uit drie van hulle (‘n syfer wat kennelik minder sou wees, as mens die geknoeiery in ag neem) maar nog steeds ‘n groot aantal kiesers, stem vrywillig vir die Zanu-PF. ‘n Inflasiekoers wat teen dieselfde tempo toegeneem het as wat Suid-Afrikaanse rugbyspelers oorsee vlug, en die Zim-dollar minder werd gemaak het as die papier waarop dit gedruk is, die moord op 20 000 Matabeles, ‘n mislukte grondroofprogram, en die gevolglike grootskseepse ellende, pla hierdie mense dus klaarblyklik nie.

Dit is gevolglik voor-die-hand-liggend dat hulle dit in der waarheid geniet om te krepeer, en een of ander masochistiese genot daaruit put wanneer hul familielede van die honger omkom.

So nie, sou hulle immers ook gemaak het soos hulle onder die Ian Smith-regering gemaak het, en die wapen opgeneem het teen Mugabe, as Mugabe dan wel hul stemme gesteel het. Tydens die Smith-regering was daar egter geen sprake van hiperinflasie nie, en het Rhodesië inteendeel bekend gestaan as die broodmandjie van Suidelike Afrika. Nietemin was dit nie goed genoeg vir die Zimbabwiërs nie. Indien hulle dan nie die wapen opneem nie, sou Morgan Tsvangirai dan minstens, soos Lech Walesa in die destydse Poolse skeepswerwe, massa-onluste en stakings uitgeroep het, en Zimbabwe onregeerbaar gemaak het, nádat die geknoeiery op die lappe gekom het.

Niks van die aard gebeur egter nie. Daar is geen sprake van ‘n guerrilla-oorlog soos daar destyds teen Ian Smith gevoer is nie. Dis skynbaar heeltemal in die haak om in ‘n disintegrerende land te woon, met wydverspreide hongersnood, net solank die oorsaak van die disintegrasie ‘n swart terreurbeweging is. Selfs die amptelike opposisie neem vir lief daarmee.

Daar is weer eens slegs een gevolgtrekking wat mens kan maak uit die feit dat die Zimbabwiërs eenvoudig weier om hulself te help. Hulle hóú daarvan om te krepeer. Geen Zimbabwiër wat nie die wapen opneem, of dan ten minste burgerlike ongehoorsaamheid teenoor die Zanu-PF pleeg, is een snars simpatie werd nie.

Mense kry die regering wat hulle verdien. Nêrens is dit meer waar as in Zimbabwe nie.

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.