VSA verskerp pogings om Egipte-krisis op te los

Deel op
Lindsey Graham
Lindsey Graham

Internasionale diplomatieke pogings word verskerp om die politieke krisis in Egipte op te los.

Die Amerikaanse adjunkminister van Buitelandse Sake, William Burns het weer sy besoek aan Egipte verleng sodat hy verdere samesprekings met albei kante in die konflik kan hou.

Die Moslem Broederskap hou vol dat die afgesette president Mohamed Morsi weer aangestel word.

Nog twee Amerikaanse senators is na Egipte oppad. Een van die senators, die Republikein, Lindsey Graham sê die weermag moet vinniger die beheer aan die burgers oorgee en ‘n demokratiese verkiesing moet gehou word. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.