Die kopdoek as bevrydingsimbool

skoppensboerdeur Skoppensboer

[followbutton username=’skoppensbo3r’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Die gemiddelde ousie het een, Winnie Mandela het een, Mamphela Ramphele het een, Piet Croucamp het een en omtrent die hele Naspers-direksie dra hulle ook. Nee, nie ‘n Louis Vuitton-handsak of Chinese namaaksel daarvan nie, maar ‘n kopdoek.

Winnie Mandela het die standaard gestel wat kopdoeke betref, wat Koos Bekker en Piet Croucamp nou volg
Winnie Mandela het die standaard gestel wat kopdoeke betref, met Koos Bekker en Piet Croucamp wat haar na-aap

Boonop staan die nuwe Suid-Afrikaanse vlag in die volksmond bekend as “Winnie Mandela se kopdoek”, wat ‘n verdere seël van goedkeuring op die eens beskeie kopdoek plaas. Iewers vra die Engelse joernalis en skrywer Peter Wilhelm mos sarkasties in een van sy boeke: “Waarom dra Afrikaners hoedens?” Die hoed is egter uit soos die spreekwoordelike boerbeskuit. Terloops, as ‘n mens na die pakkies kyk, dan eet ons almal deesdae Engelse beskuit. G’n wonder dit smaak meesal soos Engelse sout nie. Gelukkig bak Skoppensboer se vlytige gade haar eie beskuit en hoef hy nie van die Engelse tipe te gaan koop nie.

Koos Bekker, die grootkop van Naspers, met sy kopdoek
Koos Bekker, die grootkop van Naspers, met sy kopdoek. Dit laat sy kop nog groter lyk as wat dit reeds is.

Koos Bekker, die grootkop van Naspers, dra self ‘n kopdoek. Of is dit ‘n tulband? Is dit die Raj wat terugkeer of wil hy daarmee net sy lojaliteit aan die moderne Indië betuig? Naspers se lojaliteit aan Brittanje is egter bo verdenking, soos die voorblad van die jongste Huisgenoot getuig. Trouens, Naspers is so gaande oor die geboorte van die jongste Britse prinsie dat die foto skoon die titel van hul tydskrif verberg. Koos Bekker is seker skaam vir die regse term, “Die Huisgenoot”, wat slaan op die tradisionele heteroseksuele huishouding met net een vrou en ‘n paar kinders. Dus geen poligame, poliseksuele, multikul-groepswoeps nie.

Skoppensboer wonder nou juis of huwelike tussen mense van dieselfde geslag ook poligame huwelike mag insluit? Solank elkeen ‘n kopdoek dra, is enigiets seker toelaatbaar.

Mamphele Ramphele sou nie sonder 'n kopdoek die rektor van die Kaapstadse Universiteit kon geword het nie
Mamphele Ramphele sou nie sonder ‘n kopdoek die rektor van die Kaapstadse Universiteit kon geword het nie

Die invloed van Winnie Mandela op Naspers is egter verreikend en onmiskenbaar. Dit strek vanaf die kopdoek tot haar politieke en geskiedenissienings wat Naspers slaafs na-aap. Naspers se waardering vir Mamphela Ramphele het minder met haar meer “regse” idees oor ekonomie te make – iets wat ‘n neomarxistiese maatskappy soos Naspers teen die bors stuit – as met haar deelname aan die “inklusiewe” kopdoekritueel. Die stylvolle Winnie met haar duur sonbrille word deur Naspers net so hoog geskat soos haar vorige eggenoot, Madiba self, voor wie Naspers gereeld neerkniel en in die rigting van Qunu bid. Die “Winnie-Mandela-bestuurstyl” is deur Naspers tot amptelike maatskappybeleid verhef en alle senior amptenare word verplig om seminare daaroor by te woon.

Leroux Neethling van Naspers met 'n lid van sy harem
Leroux Neethling van Naspers met ‘n lid van sy harem

Een van Koos Bekker se luitenante, met die ietwat boerse naam, Leroux Neethling, is insgelyks met ‘n kopdoek afgeneem, met ‘n lid van sy harem aan sy sy.

Voorsitter Ton Vosloo van Naspers lees gereeld Voorsitter Mao se Rooi Boekie om die koers van sy maatskappy te bepaal en veral die ideologiese inhoud van Die Burger en Rapport, maar hy is self ‘n kopdoekentoesias van formaat. Sonder die kopdoek kan daar geen sprake van revolusionêre vernuwing en transformasie wees nie.

Voorsitter Ton verkondig die rooi evangelie van onder sy kopdoek.
Voorsitter Ton verkondig die rooi evangelie van onder sy kopdoek.

Maar dis in die departemente van staatsleer aan histories Afrikaanse universiteite waar die kopdoek as bevrydingsimbool werklik ‘n hele nuwe hoofstuk betree het. Vandat Kader Asmal ons universiteite tot hoërskole of selfs laerskole verdom het, kan jy deesdae ‘n senior lektor word as jy net een bladsy uit jou kop kan leer. Memoriseer twee bladsye, en jy is van ‘n professoraat verseker, asook ‘n allamintige navorsingskenking van die Nasionale Kopdoekstigting! Die kopdoek het lankal reeds die soort akademiese hoofbedekkings wat onder apartheid en kolonialisme gegeld het, vervang. As jy vandag graad kry – almal “kry” net graad want solank jy bywoon, kom jy deur – ontvang jy daarmee saam jou kopdoek wat jou posisie in die rangorde aandui. Min of meer soos ‘n leersvoorskoot in die Vrymesselary.

Piet Croucamp loop te koop met sy "hoë linkse IK"
Piet Croucamp loop te koop met sy “hoë linkse IK” en groot brein wat onder sy kopdoek nestel

Gerugte wil hê dat die geniale neomarxistiese intellektueel, Piet Croucamp, ná intense studie daarin geslaag het om die eerste bladsy van Marx en Engels se Kommunistiese manifes te resiteer. Op Ingels, want die oorspronklike Duits het hom te veel hoofbrekens besorg. Daarmee het hy terstond ‘n permanente pos aan Joe-djy en lidmaatskap van die plaaslike motorfietsbende verwerf. By Joe-djy is kaping en gewapende roof van die meer gesogte studierigtings soos daar elders deur praag berig word. Eintlik hoef mens net die “prakties” deur te kom; die teorie is minder belangrik. Maar Piet Croucamp het sy doktorsgraad ge-koem, soos hulle sê, met ‘n kort studie oor “Die kopdoek as mode-item by Suid-Afrikaanse taxipassasiers”. Die hooftema van Croucamp se akademiese navorsing sedertdien is: “Ek is slim en links en julle is dom en regs.”

Al om die ander week ry hy op sy BMW-motorfiets, darem met ‘n valhelm bo-oor sy kopdoek, rond om weereens sy IK te laat toets. Blykbaar is Croucamp se IK so min of meer op die vlak van die gemiddeld in Ekwatoriaal-Guinee. ‘n Dubbelsyfer-IK is egter iets wat in die Nuwe Suid-Afrika nie te versmaai is nie, dus is Croucamp se aanspraak op genialiteit seker nie so vergesog nie.

boerkaElke liberale vrou of feminis in Suid-Afrika besit ‘n kopdoek. Dis net Afrikanervroue wat nie kopdoeke dra nie, want hulle bak eerder koek en beskuit of skryf boeke as wat hulle gedurig die vloere skrop. Naspers en ‘n paar van die supermarkkettings het egter saamgespan om alle bestanddele net van Engelse etikette te voorsien sodat Afrikanervroue naderhand niks meer op die rakke sal kan herken nie en dalk ook tot die kopdoekkultus bekeer mag word.

Die probleem met liberale, feministiese vroue is egter dat hulle so lelik is. Daarom hoop Skoppensboer dat die kopdoekkultus net in sy natuurlike, multikulturele rigting kan ontwikkel en hulle almal binnekort ‘n volle boerka sal begin dra. Die bevryde metroman kan gerus ook sy inhibisies veral links laat lê en self die boerka begin aansit.

[followbutton username=’skoppensbo3r’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.