Pak slae tuis dalk onwettig

stoutDie minister van maatskaplike ontwikkeling het glo gesê ouers moet hul kinders met behoorlike waardes grootmaak om seker te maak dat hulle nie hul eie kinders eindelik doodmaak nie.

’n Nuwe wetsontwerp kan dit onwettig gaan maak vir ouers om hul kinders by die huis ’n pak slae te gee.

Bathabile Dlamini, die minister van maatskaplike ontwikkeling het glo aan ‘n koerant gesê ouers moet hul kinders met behoorlike waardes grootmaak om seker te maak dat hulle nie hul eie kinders eindelik doodmaak nie.

“As ’n man sy vrou slaan, is dit ’n misdaad, maar as ’n ouer ’n hulpelose kind slaan, is dit nie onwettig nie,” het sy glo gesê.

Volgens berigte kan ouers ingevolge dié wetsontwerp van aanranding aangekla word as indien hulle kinders met ’n plat hand op hul boude slaan of enige ander metode van lyfstraf toedien.

Lyfstraf by skole is reeds in 2006 onwettig verklaar.

Dit is glo die tweede keer dat die nie-regerings­organisasie, Children’s Right Project, poog om pak slae onwettig te maak.

In 2007 het hul eerste poging glo misluk nadat hulle glo hewige teenkanting van kulturele en godsdienstige groepe ontvang het. – looklocal.co.za

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.