Swazi-hoofman verbied minirompe en broeke vir vroue

Deel op
Die Swazivlag
Die Swazivlag

‘n Swazi-hoofman het vroue verbied om minirompe en broeke te dra tydens ‘n tweedaagse nominasieproses wat gister begin het kandidate vir die voorgenome verkiesing aan te wys.

“Ek het onlangs aan die inwoners gesê dat hulle môre behoorlik moet aantrek, ordentlik soos ons gebruik is, om respek te betoon,” het prins Mashila van Maphalaleni, ‘n stam omtrent 20 kilometer van Mbabane, gesê. “Dis al waarvoor ek gevra het – net om respek vir die hoofman se woonplek te betoon,” het hy aan AFP verklaar.

Nog ‘n hoofman het kort rokke by sy kraal in die klein monargie verbied.

Maar die goewerneur by die woning van koning Mswati III, Afrika se laaste absolute heerser, het ‘n meer versoenende houding ingeslaan.

“Dis waar dat ons ons hoofmanne se wonings wil laat respekteer, dis ons kultuur,” het TImothy Mtetwa gesê. “Maar vanweë modernisering, kan ons nie broeke en minirompe wegwens nie en by ‘n sekere punt moet ons hulle omhels en akkommodeer

Die twee dae lange proses sal kandidate vir die parlement en ander plaaslike poste nomineer.

Ongeveer 600 000 van die bergkoninkryk se 1,1 miljoen mense sal na verwagting aan die verkiesing op 20 September deelneem, wat reeds deur opposisiegroepe gekritiseer is.

Swaziland het in politieke partye in 1973 verbied. – AFP

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.