Leeus terug in Super Rugby

Deel op
'n Leeus-ondersteuner op Ellispark
‘n Leeus-ondersteuner op Ellispark

Die Leeus het gister hul weg terug na Super Rugby gevind, ondanks die loesing van 23-18 teen die Southern Kings tydens hul tweede promosie-relegasiewedstryd op Ellispark.

Die Kings moes met meer as agt punt wen om in Super Rugby te bly, maar kon nie genoeg krag monster om hul oor die finale hekkie te loods nie.

Dit is vooraf as een van dié wedstryde van die seisoen aangekondig. Maar die wedstryd het ietwat lusteloos begin vanweë die vele hanteerfoute wat in die eerste helfte gemaak is.

Terwyl die Leeus die wedstryd as die oorweldigende gunstelinge aangepak het ná hul oorwinning verlede Saterdag in Port Elizabeth, het die Kings vroeg in die wedstryd die oorhand verkry.

Die besoekers het in die 11de minuut die eerste punte aangeteken met Scott van Breda wat ‘n strafskop verdoel het.

Van Breda het drie minute later die voorsprong vergroot, maar het die geleentheid verbrou om nog drie punte teen die 20-minute-merk in te oes.

Terwyl Van Breda taamlik sukses met sy skoppe pale toe behaal het, het die Leeus se losskakel, Elton Jantjies met sy visier pale toe gesukkel.

jantjies het drie van sy pogings pale toe verbrou, maar wat uiteindelik nie ‘n groot invloed op die spel sou hê nie.

Desnieteenstaande sy sukkelende skopwerk, was die losskakel se balverspreiding flink en het hy die agterlyn op die voorvoet gehad.

In die 23ste minuut het die Leeus hul eerste geleentheid verkry om die Kings se voorsprong te laat krimp, maar Jantjies se skop het kort van die dwarslat geval.

Sewe minute later het hy egter geslaag en was sy span binne drie punte van die kusspan.

Die tuisspan het toe vir die eerste keer in die wedstryd die voorsprong geneem, toe Derick Minnie vyf minute voor halftyd ‘n doel vanaf ‘n losskrum ná ‘n lynstaan aangeteken het, met Jantjies wat die doelskop verbrou.

Die Kings het egter die laaste sê in die wedstryd gehad to Van Breda ‘n minuut voor pouse ‘n strafdoel behaal, wat die besoekers ‘n geringe eenpuntvoorsprong besorg het.

Ná halftyd het die Leeus daarin geslaag om weer voor te kom deur ‘n strafdoel (11-9).

Die Leeus se selfvertroue het toegeneem en sodoende het hulle hul tweede doel van die wedstryd aangeteken toe Jaco Kriel sy pad oor die doellyn baan, met Janjties wat met die skop slaag om ‘n negepuntvoorsprong te bewerkstellig.

Die tuisspan se geluk het egter begin draai toe die senter Stokkies Hanekom met ‘n geelkaart vir ‘n pootjieduikslag in die 67ste afgestuur is.

Een minuut later het die Kings se slot Schalk Ferreira hom oor die doellyn gewerp, met Van Breda wat oorskop om hul agterstand tot twee punte te verklein.

Met sewe minute op die horlosie oor, het die Kings weer punte aangeteken met Van Breda wat ‘n doel in die hoek druk en self met die doelskop slaag. Daarmee was die besoekers vyf punte voor.

Maar die oorwinning sou vir die Kings bittersoet wees, aangesien hulle agt punte nodig gehad het om on Super Rugby aan te bly.

Toe die skeidsregter Stuart Berry die einde van die wedstryd aankondig, bars Ellis Park los met die Queen-liedjie, We are the champions wat deur die stadion weergalm.

As referee Stuart Berry signaled the end of the match Ellis Park erupted with Queen’s We are the Champions echoing through the stadium.

Punte deur:

Leeus 18 (8): Doele: Derick Minnie, Jaco Kriel. Doelskoppe: Elton Jantjies. Strafskoppe: Jantjies (2)

Southern Kings 23 (9): Doele: Schalk Ferreira, Scott van Breda. Doelskoppe: Van Breda (2). Strafskoppe: Van Breda (3). – sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.