Swartbemagtigingsfonds verdedig R34m vir luuksewinkel

Deel op
Khanyi Dhlomo
Khanyi Dhlomo

Die uitvoerende beampte van die Nasionale Bemagtigingsfonds, Philisiwe Mthethwa, verdedig die besluit om ‘n luukseboetiek in Johannesburg te befonds deur te sê dat die kleinhandelsektor rassetransformasie benodig. Só berig die koerant The New Age.

NUUT!

“Die afgelope vier dae is transformasie bevraagteken, miskien omdat sekere mense nie die behoefte aan bemagtiging vir vroue insien nie, miskien omdat sommiges nie die behoefte aan transformasie in die kleinhandelsektor insien nie,” sê Mthethwa, volgens die koerant.

Dié opmerkings deur Mthethwa is tydens ‘n konferensie van die Swart Sakeraad (Black Business Council) in Midrand gemaak.

Volgens die New Age, sou sy gesê het dat die mense wat die kleinhandelsektor in Suid-Afrika ondersteun, swart is, dog die sektor bly blank, en meer swartmense is nodig om aan die sakekant deel te neem.

“Ek sien uit na die dag as die werk van swartmense met vertroue en waardering begroet sal word en nie met instinktiewe agterdog van kwaaddoenery en oortredings wat tans reaksies op ondernemings deur swartmense kenmerk nie.”

Die regering se swartbemagtigingsfonds het R34,1 miljoen aan finansiering vir Ndalo Luxury Ventures (NLV) goedgekeur om die Luminance-boetiek, wat luukseklere en verwante goedere verkoop, in Hydepark, Johannesburg, te vestig.

Die boetiek word deur die media-sakevrou, Khanyi Dhlomo, haar ma Venetia en die sakevrou Judy Dhlamini bestuur.

Dinsdagaand het die minister van handel en nywerheid, Rob Davies, gesê dat hy ‘n uitgebreide verslag van die swartbemagtigingsfonds rondom die finansiering vir NLV aangevra het. – sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.