Sean Christie se ‘Plaasmoord’

Deel op

plaasmoord_christiedeur Leon Lemmer

Ek gaan eerstens ‘n boek, tweedens ‘n resensie en derdens Die Burger se reaksie bespreek. Die boek is Sean Christie se Plaasmoord: Behind the Violence on South African Farms (Johannesburg: Parktown Publishers, 2012; Mampoer Shorts, $2.99, slegs elektronies beskikbaar). Die outeur is ‘n joernalis wat in bv die Mail & Guardian en Farmer’s Weekly publiseer. Hy het op ‘n plaas in Zimbabwe grootgeword en hom in Kaapstad gevestig. Omdat Christie dalk nie Afrikaans goed magtig is nie, het ek die indruk gekry dat hy nie danig aansluiting by Afrikaners vind nie.

In 2010 is drie mense op Sherwood Farm in die KwaZulu-Natal Midlands vermoor. Die een slagoffer was Lorraine Karg, die vrou van die plaaseienaar, Neville. Hulle het twee kinders gehad, Kita en Brandon. ‘n Meswond aan haar nek het veroorsaak dat sy 15 tot 20 minute lank doodgebloei het. Lorraine en Neville was 36 jaar getroud en het die vorige 12 jaar Sherwood Farm opgebou. Die Karg-egpaar het pas met aandete begin toe Brandon gebel het om te sê dat hooibale aan die brand was. Die brand is gestig om Neville weg van die plaashuis te lok. Lorraine se lyk is by haar motor gevind. Sy was op pad om by die brand te gaan help.

Die tweede slagoffer was Hilda Linyane, die Kargs se huishulp, wat in die wasgoedkamer doodgeskiet is. Sy was ‘n Zimbabwiër wat self haar huis in Bulawayo gebou het. Haar man, wat ook op die plaas gewerk het, se voornaam is Mhlompo. Die egpaar het twee kinders gehad, Priscilla en Innocent. Innocent het vertel hoe maklik hy oor die landsgrens kom: “I had to jump the border because I never had a passport. A big bribe is required to do this in Zimbabwe if you want a passport fast” (Kindle 154). “It is possible to cross the Limpopo in ankle-deep water, and the soldiers patrolling the South African banks are easily bought with a carton of cigarettes” (K 159).

Die derde slagoffer was die Kargs se Zoeloe-tuinier Zakeue Mhlongo, wat twee kinders gehad het, Samuel en Bonginkosi. Sy nek is met ‘n mes gesny, “in the way one would slaughter a goat” (K 179). Tydens die verhoor, “the judge [MT Ncube]… asked the forensic pathologist: ‘Has his neck been cut all the way through?’ To which the doctor replied: ‘Not quite, M’lord, the skin on the neck is tight'” (K 179). Bonginkosi was by toe Hilda in die wasgoedkamer geskiet is: “Hilda was groaning and they were kicking her … She ended up being silent” (K 174).

Die eerste beskuldigde was Mzwandile Magubane, ‘n bouer wat in 2006 verfwerk op Sherwood Farm gedoen het. Tydens die verhoor het sy advokaat beweer dat die aangeklaagde te min deur Neville betaal is. Neville het dit ontken. Hy het gesê hy betaal sy werkers minstens die vasgestelde minimumloon. Die aanklaer, Dheelan Naidoo, “later said that in cases where the complainant is a white farm owner and the accused a black farmworker – when there has been a violent attack – it is not uncommon for the defense to try and depict the farmer as a brute … Human rights defenders like the Surplus People Project and Human Rights Watch regularly release biblical reports in which South Africa’s white commercial farmers are indicted for an array of abuses, including underpayment and physical violence” (K 105).

Die tweede beskuldigde was Nhlanhla Dladla, wat in diens van die Kargs ten tye van die moorde was. Neville het getuig: “We taught him to drive, we taught him plumbing … I thought him a star worker and so he was promoted through the ranks until he ended up driving one of the biggest tractors” (K 114).

Die derde beskuldigde was Colin Mapalala. Neville het getuig: “[He] had also been a tractor driver on Sherwood and that he had considered him a ‘good worker’ too, until he crashed three times in short succession. We thought he was on drugs so our disciplinary committee – all disciplinary issues are settled by a committee of senior farm workers – downgraded him to general labourer. When this happened he disappeared” (K 118). Mapalala is voor die verhoor dood in polisie-aanhouding toe hy, terwyl vingerafdrukke geneem is, na bewering na ‘n polisievuurwapen gereik het en doodgeskiet is. In KwaZulu-Natal is daar glo 527 verdagtes die afgelope drie jaar in polisie-aanhouding dood.

Die vierde moontlike medepligtige was Velaphi Magubane, broer van die eerste beskuldigde, wat vryheid sou verkry as hy bevredigend as staatsgetuie funksioneer. Hy het tydens die verhoor getuig dat die polisie by Mapalala se lyk gesê het as hulle oorblywende drie verdagtes “didn’t confess we would end up like him. Then we were taken and beaten, and what we told was not the truth” (K 132). Velaphi is na die hofsitting weer in hegtenis geneem, maar sou borgtog kry. As staatsgetuie was Velaphi “the only thing holding accused number two [Dladla] to the murders” (K 145).

‘n Vragmotorbestuurder het getuig dat hy die broers Magubane kort voor die moord ‘n geleentheid tot naby Sherwood Farm gegee het en dat hulle ‘n bottel met 5 liter petrol by hulle gehad het. Die staatsaanklaer het gedink “the attackers had been surprised while they were in the process of robbing the house” (K 183). Weens Velaphi se wanfunksionering as staatsgetuie, het die staat sy saak teen Dladla teruggetrek. Mzwandile Magubane se “palm print came to be on the wall of the Kargs’ laundry room” (K 458). Hy is drie lewenslange tronkstrafvonnisse opgelê. Die Kargs het geëmigreer en in die Republiek van die Kongo gaan boer.

Naas die Sherwood-saak, skryf die outeur oor Brian Jones (‘n skuilnaam) wat in die omgewing van Ladysmith woon. Hy was 18 jaar lank in die polisiediens in Durban. “His police partner Craig had been shot and killed ‘while trying to save someone else’s life’ … in 2002” (K 223). “This was the reason he started the South African Community Action Network (SA CAN)” (K 228). Jones het inligting oor plaasaanvalle versamel.

“From 2003 – 2010, 17 white farmers had been murdered on 83 farms in the [Natal] lowlands … making farmers’ chances of being killed in an attack far higher than the risk of the same happening in … Hillcrest, Durban, an area of 34 000 homes, where 299 homeowners had been murdered in the same period” (K 287). “Jones found that robbery was the motivation behind 90% of the cases … farmworkers were suffering too – 54 farm staff had been murdered among these same 83 farms in the same period” (K 291). Omdat roof in so baie gevalle die motief vir die aanvalle was, meen Jones dat die Transvaalse Landbou-Unie (TLU/TAU) verkeerd het deur dit as terrorisme te beskou. “Jones saw only ineptitude” (K 291). “‘These guys,’ he insisted, ‘are some of the most unsophisticated criminals in the world'” (K 295).

“Jones’ gangs consisted of males between the ages of 18 and 34, numbering around four with an average of one firearm between them. They all walked rather than drove onto farms they attacked and always during daylight hours … On farms during the day people are spread out all over the place” (K 295). “At four hours, the average response time [of the police] to farm atacks was just as concerning” (K 304). Hoekom word mense keelaf gesny? Volgens Jones “people are accustomed to slaughtering animals in this way” (p 308).

Daar word vertel van ‘n moord in 2010 op die plaas Doornfontein, by Estcourt: “Lynette Ralfe was shot three times” (K 245). Voor dit “Nigel Ralfe [haar man] had been out at his dairy when four young men walked in, pulled a handgun and blasted his right biceps to ribbons” (K 240). Tydens ‘n ander gewapende roof op ‘n melkplaas “the suspects had been dressed in full police uniform” (K 496).

Soms het die boek by my die indruk van onpartydigheid gewek; dat die outeur probeer het om ewewigtig die kaf en koring oor plaasmoorde te skei. Ander kere het ek gedink dat hy nogal ongevoelig oor so ‘n sensitiewe saak is. Hy verwys ook na diegene wat beweer dat die woord “plaasmoord” streng gesproke nie letterlik sinvol is nie: “One does not murder a farm” (K 236).

Christie beweer dat daar teen 2010 drastiese verskil van mening was oor die omvang wat plaasmoorde aangeneem het. Dit kan toegeskryf word aan die polisiediens se onvermoë en moontlike onwilligheid om betroubare statistiek by te hou en beskikbaar te stel, maar die outeur noem dit nie, behalwe om op te merk: “The rural police stations of the [Natal] lowlands kept no intelligence on farm violence” (K 282). Die TLU se syfer van 3 000 of meer vermoorde wit kommersiële boere word ‘n “unsubstantiated figure” genoem (K 252). “The police’s National Intelligence Coordinating Committee (Nococ) had put forward a figure of 1 254 dead between 1991 and 2001” (K 252). “That report also indicated a motive of robbery in 89% of the cases studied, whereas the TAU and Afrikaner political organisations like the Freedom Front Plus, submitted that some of the recorded murders – certain decapitations and disembowelments … – were so incredibly cruel that there had to be motives beyond robbery” (K 256).

“In 2003 the criminologist Duxita Mistry found that conviction rates for farm crimes tended to be higher than many people believed, at around 50%, compared to 6% for urban crimes” (K 463).

In 2003 het Human Rights Watch beweer “that in addition to violence committed by black outsiders against white farm owners, farm violence also included violence pertetrated by white farmers against black farmworkers, violence commited by farmworkers against other farmworkers, and violence perpetrated by private … and state security structures against rural blacks” (K 260). Hier sou ‘n mens graag vir elke kategorie die getalle en persentasies wou hê en ook ‘n evaluering in elke kategorie van die erns van die gevolge. Byvoorbeeld, as ‘n plaaswerker ‘n ander een vermoor, is die invloed daarvan op die land en die gemeenskap baie kleiner as wanneer ‘n kommersiële boer vermoor word en talle mense dan dalk hulle werk en woonplek verloor.

Die joernalis Peta Thornycroft het haar Britse burgerskap opgegee sodat sy in Zimbabwe kon aanbly, “to cover the occupation of white-owned land by black Zimbabweans that had started in 2001. I had wanted to ask her why the Zimbabwean ‘situation’ … had held the world’s attention for so many years even though only 18 farmers across the entire country had been killed, whereas the much bloodier plight of South Africa’s commercial farmers – more than 1 000 up to 2001, and many more since – had only received intermittent attention, and much of it hostile to the farmers” (K 351). “‘The furniture,’ Thornycroft said, … ‘I walk into a farmhouse in Zimbabwe and immediately scan the place for British bric-a-brac, which I could use to click with the readers of [die Britse koerant] The Telegraph, or whoever. You can’t do that in South Africa'” (K 355).

Christie verwys na Julius Malema se liedjie waarin gesing word:”Skiet die boer”. “Since boer is both the Afrikaans for farmer as well as a synonym for Afrikaner, many white South Africans took the lyrics personally, including the leadership of Afrikaner rights organisation Afriforum, which launched legal proceedings to ban the song” (K 268). Myns insiens het die ANC hierna baie duidelik sy anti-wit en veral anti-Afrikanerkleure gewys: “The ruling … ANC chose to contest the case, claiming the song was part of its heritage” (K 268).

Daar word vertel van Marietta Nel, “who had been blasted in the face with a shotgun when stopped in her bakkie outside her farmhouse gate in 2001” (K 325). Die aanval was soortgelyk aan een wat JM Coetzee in sy roman, Disgrace (1999), beskryf. “Thabo Mbeki criticised Disgrace for its racial stereotyping … when Coetzee emigrated to Australia in 2002, there were those who said it was the controversy over Disgrace that had pushed him” (K 341).

“Nel was certain she knew her attacker, a man who lived on the farm and continued to live there after Nel was released from hospital, minus a jawbone and requiring massive oral and maxillofacial surgery she could not afford. Nel was attacked a further three times, and each time she suspected the involvement of the same man, the husband of her domestic servant, who had once said to her face that he would run her off the farm” (K 332). Weens onvoldoende getuienis is die verdagte nie aangekla nie.

Nel: “I’m … going for the reconstruction surgery in August. It will be the first of four surgeries. I thought I still had my gums but the doctors told me in December that they will have to be completely reconstructed before the implants and teeth can be inserted and this must be done before soft tissue can be built up” (K 365). “The other day I was returning from town and there was a bakkie parked by the barn, and two blacks were loading metal which has lain on the farm for years. The one told me they had a right to do that because it was no longer my farm; he said all farms in South Africa belonged to the ANC now” (K 361). “Her brother was in the process of thinning [the jacaranda trees] with a view to improving the security situation” (K 361).

Ná die aanval op Nel het Lita Fourie ‘n jaar lank by haar kom bly. Fourie het bekendheid verwerf as die persoon wat van 2005 tot 2012 jaarliks ‘n byeenkoms aan die Ysterberg by Potgietersrus (Mokopane) gereël het by die wit kruise wat ter herinnering aan die slagoffers van plaasmoorde opgerig is. Aanvullende kruise is by sulke geleenthede geplant en onkruid op die terrein is uitgeroei. Fourie het ook gepoog om statistiek oor die plaasmoorde by te hou. Sy is tot hierdie soort aksie gemotiveer deur “the brutal murder of her parents on a farm in Mpumalanga” (K 389). Sy het ‘n foto van haar pa se lyk, “his head blown off with a rifle shot just above the eyes” (K 399). In 2004 het sy die Tabita Stigting op die been gebring, “a charity in aid of victims of farm violence” (K 389).

Die outeur het Fourie op ‘n hoenderplaas by Delmas besoek. Sy het hom geneem na “a woman in her late 20s who had been asleep on a smallholding in a double bed with her husband when an unknown number of men walked in and brought four-pound hammers down on their faces. The attackers stole all the electronic equipment and left the unconscious couple for dead” (K 412). Daar word vermoed dat die aanvallers wit was. Fourie het onder meer geld vir Nel en ander slagoffers se operasies ingesamel. Nel beweer sy het niks ontvang nie en het eerder probeer om Christie wys te maak dat die staat vir haar mediese uitgawes gaan betaal. In die teks word twyfel oor Fourie se bedrywighede gewek. Sy het haar glo verlede jaar aan aksies teen plaasmoorde onttrek.

Nechama Brodie
Nechama Brodie

In Die Burger (29 Julie, p 9) is ‘n resensie van Christie se boek gepubliseer. Die resensent is Nechama Brodie, ‘n joernalis. Op haar webwerf word na die “dark decades of apartheid” verwys. Haar resensie is waarskynlik uit Engels vertaal. Die vraag is waarom Media24-koerante se boeke-redakteur, Jo Prins, op Brodie as ‘n geskikte resensent vir hierdie boek besluit het.

Brodie beweer dat “daar ‘n geweldige gebrek aan inligting en konsensus” oor plaasmoorde is. Myns insiens behoort daar ten minste konsensus te wees oor die feit dat plaasmoorde ‘n verskriklike, weersinwekkende, prominente uiting van misdadige onbeskaafdheid in die nuwe Suid-Afrika is. Pleks daarvan probeer Brodie skeptisisme oor hierdie gebeure aanvuur.

Brodie speel die wit kleurkaart met oorgawe en toon dat haar simpatie elders lê: “Dit het ‘n gewilde tydverdryf geword om die (wit) slagoffers van plaasmoorde te gebruik om wraak en geregtigheid te verkondig, soos om (wit) mans en vroue en kinders met wit kruise op ‘n heuwel te verewig … Die slagoffers wat op die webblaaie verskyn (en dié vir wie kruise opgerig word) is deurgaans wit … die voorstelling van plaasaanvalle en -moorde as rasmisdaad met slegs wit slagoffers [is] besig om gemeenskappe te verdeel, eerder as om samewerking te bewerkstellig en die aandag te vestig op behoeftige landelike plaasgemeenskappe.”

Die waarde van Christie se boek word deur Brodie gereduseer tot: “Dit ontbloot soveel mites oor plaasaanvalle en beklemtoon die noodsaaklikheid vir meer inligting.” In werklikheid slaag Christie ook daarin om darem die onbeskaafdheid van plaasmoorde uit te beeld en aan te toon dat die plaassituasie in Zimbabwe meer publisiteit ontvang as die “much bloodier plight” van Suid-Afrikaanse boere. Pleks van slegs op Brodie se resensie of my skrywe te steun, behoort Christie se teks ook gelees te word.

Links bo, op die voorbladsy van die koerant waarin Brodie se resensie gepubliseer is, het Die Burger daarin geslaag om die kersie op die anti-blanke en veral anti-Afrikaner-koek te plaas. Daar is ‘n afbeelding van ‘n lang mes, soos dié waarmee Lorraine Karg en Zakeue Mhlongo keelaf gesny is. Langsaan word gevra: “Net witboere wat ly?” Onderkant hierdie vraag en die mes staan in groot rooi letters: “Plaasmoorde” en dan: “Nuwe boek lê wit mites bloot bl 9”.

Hierdie assosiasie van plaasmoorde met mites, wat Die Burger blykbaar soveel moontlik simpatiekloos wil versterk, blyk uit die koerant se deurlopende onwilligheid om oor plaasmoorde te berig. Tensy ‘n plaasmoord of -aanval baie naby Kaapstad plaasvind, word dit meesal geïgnoreer. Die illusie word skynbaar doelbewus geskep dat die misdaadsituasie, bv op plase, in die nuwe Suid-Afrika baie beter is as wat dit in werklikheid is.

By hierdie koerant is daar ook ‘n allesvermurwende sug na politieke korrektheid te bespeur. As wittes van moord op enige plek in die land beskuldig word, word groot publisiteit daaraan gegee. ‘n Span verslaggewers en minstens een fotograaf sak op die plek toe. Dít terwyl moorde deur swartes gepleeg geen of min publisiteit ontvang. Die gevolg is dat die koerant die indruk wek dat wittes in dieselfde of selfs groter mate as nie-wittes tot ernstige misdaad soos moord geneig is.

Kontrasteer Die Burger se duidelike onwilligheid om oor die gebruiklike soort plaasmoorde (swartes wat wittes en nie-wittes vermoor) te berig, met wat die afgelope week gebeur het. Die koerant het ‘n joernalis en fotograaf na Ashton gestuur en teks en drie foto’s gepubliseer oor ‘n wit boer en sy wit plaasbestuurder wat van aanranding op ‘n bruin kind aangekla word (Die Burger, 1 deser, p 5). Die beweerde aanranding het in 2008 plaasgevind.

Sedert die beweerde aanranding kry die kind glo epileptiese aanvalle. Hy het as gevolg daarvan na bewering in die vuur geval, albei sy hande verloor en ook blind geword. Die Freedom Trust wat hom vir die regte van plaaswerkers beywer, het buite die hof betoog. Tragies soos die toestand van hierdie seun blykbaar is, of voorgestel word, is dit nie noodwendig die gevolg van die beweerde aanranding nie. Dit is ook hoogstens ‘n geval van aanranding sonder voorbedagte rade en dus nie so barbaars soos die plaasmoorde waarna hierbo verwys is nie. Maar die beweerde aanranding kry in Die Burger baie meer publisiteit as wat die koerant normaalweg bereid is om aan plaasmoorde te gee.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.