Ondersteun praag se opgradering!

Deel op

housingNou soek ons ondersteuning vir ons praag-webwerwe. Vandat die Boikot-Naspers-aksie begin het, het die verkeer op ons webwerwe beduidend toegeneem. Oor die afgelope paar dae het die bediener egter begin swaar trek. Dit het reeds vyf keer omgeval en dis vir lesers baie irriterend as die webwerwe onbeskikbaar is. Volgens ons diensverskaffer sal ons moet opgradeer.

Benewens die moeite om van voor af alles te installeer, gaan ons ‘n ekstra drieduisend rand per maand moet vind vir ‘n bediener en datalyn wat verdere groei vorentoe tot en met 100 000 gebruikers sal kan hanteer. Dit beteken nog ‘n 50 of so praag-debietorders per maand.

Kan ons mense vra om ons te ondersteun? Let wel, dat jy ook gratis eboeke ontvang wat veel meer as R60 of R100 per maand werd is. Ons wil binne die volgende maand Rapport se verkeer op die internet verbysteek, maar ons sal dit nie sonder die nuwe bediener kan doen nie. Onthou: ons het reeds 16 000 artikels, waaronder ‘n groot klomp meningstukke, op die internet geplaas. Ook lewer lesers gemiddeld 150 keer per dag kommentaar. Help ons om dit alles beskikbaar te hou en uit te bou!

Afrikaners dra ten minste R1000 000 000 per maand tot Naspers – die vyand van die volk – by, in die vorm van DSTV, koerante en tydskrifte, BoxOFfice, ens. Is ‘n paar duisend rand vir praag te veel gevra?

Teken asb. hier in en sorg dat ons alternatiewe media kan groei! Dis ‘n belegging in ons toekoms.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.