
‘n Republikeinse verteenwoordiger Trey Gowdy (R-SC) het Donderdag in die geselskap van Greta Van Susteren op Foxnews die Obama-skandale bespreek.
Dié onthullings volg nadat Jake Tapper op CNN die nuus gebreek het dat daar “tientalle” CIA-agente teenwoordig was in Benghazi op die 9/11-herdenking toe die Amerikaanse konsulaat aangeval is en ambassadeur Chris Stevens tydens die aanval dood is.
Die geheime agentskap doen sedertdien besonder baie moeite om seker te maak dat dit waarmee hule besig was in Libië, ‘n geheim bly.
Gowdy het aan Greta gesê die Obama-administrasie steek van die oorlewendes weg, versprei hulle regoor die VSA, en verander hul name.
Terselftertyd noem Obama Benghazi ‘n “kamma-skandaal”.
Veiligheidsbronne het weereens bevestig dat ambasseur Stevens besig was om wapens – waaronder Stingermissiele – aan terreurgroepe wat al-Kaida insluit, te lewer en fundamentaliste te werf om Sirië se wettige regering omver te werp.