Corrie Sanders se saak uitgestel

Deel op
Corrie Sanders
Corrie Sanders

Die saak teen drie mans wat verdink word van die moord op die bokskampioen, Corrie Sanders, is in die landdroshof op Brits in Noordwes uitgestel.

Dit sal na die Noord-Gauteng Hooggeregshof in Pretoria verwys word. Die saak is tot 23 September uitgestel.

Sanders is verlede jaar September doodgeskiet tydens ‘n gewapende rooftog by ‘n restaurant op die dorp toe hy sy dogter teen die aanvallers wou beskerm.

‘n Vierde swart verdagte moet nog steeds vanaf Zimbabwe uitgelewer word.

Die man is tot 30 jaar tronkstraf gevonnis in Zimbabwe vir die moord op ‘n polisiebeampte.

Hy was vermoedelik in besit van die wapen waarmee Sanders doodgeskiet is. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.