
Die Amerikaanse fluitjieblaser Edward Snowden is ‘n werk deur Rusland se top sosiale netwerk-webwerf Donderdag aangebied, ure nadat die voormalige intelligensie-kontrakteur ‘n jaar lank asiel in Rusland ontvang het.
“Ons nooi Edward Snowden na St Petersburg en sal bly wees as hy besluit om by die sterspan van programmeerders aan te sluit by VKontakte,” het Pavel Durov, een van die stigters van VKontakte, Rusland se antwoord op Facebook, gesê op sy profiel.
Snowden se tydelike asiel sal hom toelaat om te werk in Rusland, volgens Anatoly Kucherena, ‘n prokureur vir Snowden.
Moskou het Washington se herhaalde versoeke om Snowden uit te lewer geweier. Hy staan tereg op aanklagte van spioenasie nadat hy besonderhede van geheime Amerikaanse toesigprogramme uitgelek het wat selfoon- en Internetdata betref.
Om vervolging te ontsnap, het Snowden na Moskou van Hong Kong gereis op 23 Junie en moes vir meer as ‘n maand in die transitodeel van die Sheremetyevolughawe wag voor hy Donderdag met ‘n nuwe stel vlugtelingdokumente die gebou kon verlaat.
Spanning tussen Rusland en die Verenigde State van Amerika, wat reeds haaks is oor die konflik in Sirië, sowel as ander verdedigings- en menseregtekwessies, is deur Snowden se besluit verhoog.
Durov van VKontakte, of “InVoeling”, sê hulle het meer as 210 miljoen geregistreerde profiele en tot 47 miljoen daaglikse gebruikers. Hy het gesê hy is trots oor Rusland se besluit om Snowden te help.
“Vandag het Edward Snowden – die man wat die Amerikaanse veiligheiddienste se misdade aan die kaak gestel teen die burgers van die hele wêreld – tydelike asiel in Rusland ontvang,” het Durov gesê.
“In sulke oomblikke kan ‘n mens trots voel op ons land en spyt oor die loop wat geneem word deur die Verenigde State – ‘n land wat die beginsels waarop dit eens gebou was, verraai het,” het hy bygevoeg.