Wilgehof: Departement, TV-kameras slaan toe oor nóg ‘n k-woord

Deel op

wilgehofDie Volksblad berig dat die Vrystaatse departement van onderwys teleurgesteld moes omdraai nadat amptenare met ’n TV-nuusspan by die Laerskool Wilgehof in Bloemfontein opgedaag het om ’n onderwyseres te skors na nóg ’n beweerde rassevoorval .

Amptenare van die departement ’n skorsingsbrief aan die leerkrag oorhandig, maar moes uitvind dat sy ’n beheerliggaampos beklee en nie deur die departement geskors kan word nie.

Die onderwyseres het die aantygings teen haar ten sterkste ontken en gesê sy beplan om dadelik stappe te neem teen dié ongegronde aantygings.

Howard Ndaba, woordvoerder van die departement, sê sy het glo die k-woord gebruik.

Omdat sy nog nie amptelik aangekla is nie, kan haar naam nie bekend gemaak word nie.

Magda Strydom, sekretaris van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), sê die departement se bewerings dat die onderwyseres ’n rassistiese opmerking teenoor leerlinge vroeër vandeesweek in ’n voorval op die skoolterrein gemaak het, is ongegrond.

Sy gaan voort met haar pligte terwyl die beheerliggaam die saak ondersoek, sê Strydom.

Ndaba sê die Vrystaatse onderwysdepartement sal met Fedsas en die skool se beheerliggaam saamwerk om toe te sien dat die onderwyseres tydelik geskors word hangende ‘n ondersoek.

‘n Ondersoek kan nie geskied as sy nog by die skool betrokke is nie, sê Ndaba.

Dié aantygings kom te midde van die laerskool se geskorste skoolhoof, Fanie Roeloffze, en Lenard MacKay, ’n onderwyser, wat albei binnekort voor ’n dissiplinêre komitee van die Vrystaatse onderwysdepartement sal verskyn oor beweerde rassisme.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.