Zuma belowe werk en wetenskap

Deel op

merakaPresident Jacob Zuma sê die regering het nog nie sy planne laat vaar om vyf miljoen nuwe werksgeleenthde teen 2020 te skep nie.

Statistiek Suid-Afrika het vroeër die week bekendgemaak dat die getal werklose mense in die tweede kwartaal van die jaar tot vier komma sewe miljoen toegeneem het – die grootste nog.

Tussen die eerste en tweede kwartale van vanjaar het 122 000 werksgeleenthede verlore gegaan.

Zuma het Donderdagaand in Johannesburg by die bekendstelling van die SAUK se 24-uur nuuskanaal op DSTV gesê die uitdaging is dat die ekonomie nie vinnig genoeg groei om werkskepping te bevorder nie.

Die Wetenskaplike Nywerheidsnavorsingsraad werk intussen onverpoosd om tegnologie te ontwikkel wat Suid-Afrikaners in staat sal stel om beter lewens te lei.

Die bestuurshoof van die WNNR, Sibusiso Sibisa het by die Raad se Meraka Instituut in Pretoria ‘n beroep op jong Suid-Afrikaners gedoen om wiskunde en wetenskap as vakke op skool te neem.

Hy het die Minister van Wetenskap en Tegnologie, Derek Hanekom, op ‘n toer vergesel van sommige van die projekte waaraan gewerk word.

Sibisa sê geleenthede soos die WNNR se Wetenskapsweek, wat vandeesweek plaasvind, is daarop gemik om belangstelling in wiskunde en wetenskap te help bevorder. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.