Polisie in Pretoria slaan toe op onwettige medisyne

Deel op

onwetmedLyttelton Polisie in Pretoria het ‘n man vasgevat wat vermoedelik onwettig handeldryf met voorgeskrewe medikasie, onder andere steroïedes.

Die Lyttelton polisie het Dinsdagmiddag op ’n verdagte toegeslaan in Pierre van Ryneveld wat vermoedelik onwettig met medikasie, meestal steroïedes, handel gedryf het.

“Ons is deur ’n lid van die publiek ingelig dat ’n verdagte onwettig met skedule drie tot vyf medikasie by ’n gimnasium handel gedryf het. Ons het hom in die gimnasium gekonfronteer en sy voertuig deursoek waar ons medikasie ter waarde van ongeveer R100 000 gevind het,” het Adjudant-offisier Hero Gumbu gesê.

Adjudant Robert Lundall, wat die verdagte in hegtenis geneem het, is op die spoor van ’n tweede verdagte.

“Ons is al vir ’n geruime tyd bewus van hierdie verdagte asook ’n tweede verdagte se modus operandi,” het Lundall gesê.

Die tweede verdagte was egter nie op die toneel toe die polisie toegeslaan het nie.

Die medikasie is gevind in hul oorspronklike verpakking, maar volgens Gumbu is meeste van die produkte moontlik ingevoer.

“Volgens wet mag voorgeskrewe medikasie, soos dié wat ons gekonfiskeer het, nie ingevoer word nie. Meeste van die medikasie was tipes steroïedes wat nie in Suid-Afrika vervaardig word nie,” het Gumbu gesê. – looklocal

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.