VSA kan alles en almal aanlyn sien!

Deel op

xkeyscore“Big Brother Amerika sien aanlyn, sonder toestemming, feitlik alles van almal. Met die program X-Keyscore bly daar weinig wat daar op die internet gebeur wat vir die Amerikaanse geheime diens verborge bly.

Dit blyk uit nuwe inligting wat die voormalige medewerker van die Amerikaanse geheime diens NSA, Edward Snowden, aan die Britse koerant The Guardian gelek het.

X-Keyscore is ‘n soort ‘Google‘ maar dan vir speurders van die Amerikaanse intelligensie. Met die program kan databases, e-pos, klets en die soekenjingeskiedenis van feitlik elke individu op hierdie aarde deursoek word.

NSA het geen amptelike toestemming van owerhede nodig om die program te gebruik nie.

In opleidingsmateriaal noem die NSA die program die mees omvattende soekstelsel ter wêreld‘.

In ‘n videoonderhoud sê die nog steeds voortvlugtige Snowden dat hy as NSAmedewerker ‘feitlik op almal aanlyn kon spioeneer‘.

“Vanaf my lessenaar kon ek almal afluister, van jou tot jy rekenmeesters, van ‘n aanklaer tot selfs die president, met slegs ‘n persoonlike e-posadres tot my beskikking, Snowden.

Die onthulling kom tesame met nog ‘n fluitjieblaser, Bradley Manning, se verhoor wat tans voor ‘n krygsraad in Maryland uitspraak oor sy vonnis afwag.

Manning het duisende lêers aan die anti-geheimhoudingsorganisatie Wikileaks gelek. Manning gaan moontlik baie jare agter tralies deurbring.

Snowden hoop sy straf te ontduik en het in Rusland asiel aangevra. – Elsevier

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.