Media-24-werknemer se selfmoord simbolies van Naspersdenke

Deel op

naspersWat het oudpres. Nelson Mandela en die belydenis van Belhar met mekaar te doen? Absoluut niks nie, maar Media24 kon nie die versoeking weerstaan om hul ontkenning van Afrikaners se situasie vandeesweek nogmaals te ondersteep nie.

Die Media24-mens is bedrewe daarmee. As ‘n werknemer sy hele gesin byna uitwis, soos onlangs in Johannesburg gebeur het, dan plaas Beeld gou-gou ‘n berig waarin hulle ons verseker dat die moorde “haarfyn beplan” was. Iemand daar dínk regtig net nie. Asof ‘n mens wat tot so ‘n stap oorgaan in beheer van enige iets was!

Maar die oplettendes onder ons sal weet dat dit nou al die afgelope 20 jaar so gaan. Die mees onkundiges by ons dooieboommedia maak asof hulle heeltemal in beheer is: Oor ons sedes, ons skole, ons standaardtaal, ons kultuurinstellings en ons Afrikaners se lot.

Wat hulle natuurlik hoegenaamd nie is nie, maar om dit te erken, sou ‘n erkenning wees van FW de Klerk se fatale oorgawefout, dus moet lesers nou tot vervelens toe met dié belaglikheid saamleef wat byna in elke opiniestuk figureer.

Die ou NP en daarna NNP, het natuurlik teen 1994 enige geleentheid om ‘n eie nes te veer bo enige beginselsaak gestel. Dis al ou nuus. Argumente en klinkklare bewyse oor hoe Afrikaners se invloed grondig daardeur vernietig is, word gerieflik geïgnoreer, want om hul eie posisies te red, sal die Media24-mens – gewoonlik diegene wat kon voordeel trek uit die oorgawe – ontkennend bly reageer.

Tans word die wêreld getrakteer op die nuus dat Koos Bekker, die uitvoerende hoof van Naspers, binne 5 jaar tot R7 miljard aan vergoeding gekry het – die hoogste ooit deur ‘n maatskappyhoof in Suid-Afrika!

Maar om terug te keer tot die Belhar-ramkiekie (en die ou Buikspreker wat glo ewe opgewek waai as hy nie TV kyk in sy immer beterwordende toestand nie): Die onderwerp is al tot vervelens toe gespoel, en dis nie ter sake nie.

Wat wel ter sake is, is dat daar met elke harde klap voorgegee word dat  Afrikaners aan die nuwe Suid-Afrika “deelneem”. Nie net ontbreek dit aan die nodige oorredingskrag nie, maar die geteem daaroor stem intelligente lesers tot nugterheid. Dis nie om dowe neute dat duisende lesers by die Facebook-groep om Naspers te boikot, aangesluit het nie.

Die voorwaardes van hierdie alewige “deelname” lei tot ‘n te groot prysgawe van invloed; dit lei tot selfvernietiging. Van die soort wat daardie Media24-werknemer met sy gesin en homself onlangs “beplan” het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.