Selfoondiewe teister hoërskoolkinders

birchleighTWEE 16-jarige seuns van die Hoërskool Birchleigh, Kemptonpark is beroof deur dieselfde groep mans in afsonderlike voorvalle ‘n week uitmekaar.

Die een seun se ma het gesê vier swart mans het haar seun en sy vriend, in Silverstraat kort na skool op 18 Julie voorgekeer terwyl hulle te voet was.

Hulle het in die rigting van Birch Acres gestap toe die swart mans uit ‘n kantstraat gekom het. Drie het bly staan ​​en gestaar na hulle, terwyl een na haar seun gestap het om kwansuis te vra hoe laat dit is.

Toe hy die derde keer vra, het hy na sy sak gereik na  ‘n mes of geweer, en haar seun het sy selfoon aan hom oorhandig.

Die ma het gesê die swarte het haar seun se telefoon uit sy hand geraap. Hulle het niks gedoen aan sy vriend nie, net omgedraai en weggestap, terwyl hulle lag.

Die volgende Donderdag 25 Julie op byna dieselfde plek, het dieselfde mans haar seun se vriend beroof, ook van sy selfoon. Die seun het daardie dag alleen geloop.

Mnr André Gloy, hoof van die Hoërskool Birchleigh, het gesê dat hulle byna op ‘n daaglikse basis hoor van skoolkinders wat van hul selfone beroof word. Hy waarsku gereeld kinders oor hierdie tipe gevaar. – looklocal.co.za

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.