Absa verloor kliënte

Deel op
Duur foefies, swak bestuur
Duur foefies, swak bestuur

Absa verloor kliënte en sy aandeelwaarde lyk nie gesond nie. Dit het Dinsdag met 7% tot R141 verswak.

In die ses maande tot einde Junie het die getal transaksionele kliënte van 9,7 miljoen tot 9,4 miljoen afgeneem, terwyl ander Suid-Afrikaanse banke nuwe kliënte bygekry het.

Maria Ramos, uitvoerende hoof, sê die groei neem langer om as wat beplan is.

Die bank wat deel is van Barclays, sy moedermaatskappy, wil sy kliënteprodukte en -dienste verbeter, soos Absa vroeër vanjaar belowe het.

Die kleinhandelsbank se netto diensgeld en kommissie het in die ses maande met 1% tot R5,17 miljard gedaal, grootliks weens ’n afname in rekeninge.

Absa het in Junie sy “futuristiese” tak in Hyde Park, Johannesburg, bekend gestel. Dié tak is papierloos en kliënte hoef volgens Absa nie meer in lang rye te staan nie. Teen einde vanjaar sal 35 sulke takke geopen word, sê Ramos.

Die bank sal ook sy kitsbank-netwerk uitbrei en sy verhouding met Woolworths, Edcon en Pep Stores verbeter, sê sy.

Dinsdag was die laaste keer dat die bank as Absa resultate bekend maak, sê Ramos.

Absa en Barclays sal hul Afrika-sake voortaan saam bedryf.

Die kleinhandelbank sal in Suid-Afrika wel steeds onder die Absa-handelsnaam sake doen, maar die genoteerde Absa-groep sal van Vrydag af as Barclays Africa Group op die JSE begin verhandel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.