Zimbabwe nader die eindspel

Deel op

Zimbabwe is besig om die eindspel te nader met die laaste, desperate stuiptrekkings van ‘n bewind wat een van Afrika se min suksesvolle ekonomieë vernietig het en sodoende miljoene mense in gruwelike armoede gedompel het wat tot die dood van tienduisende weens wanvoeding en gebrekkige gesondheidsorg gelei het.

Image

Kinders vind eiers op Harare-vullishoop

Dit mag nie vandag gebeur as president Robert Mugabe sy 83ste verjaardag met koek en sjampanje by ‘n partytjie van $1,2 miljoen vier terwyl honderdduisende Zimbawiërs sukkel om op brood en water te oorleef nie.

En waarskynlik sal dit nie in die aanloop tot 18 April, die 27ste herdenking van die einde van blanke heerskappy en Mugabe se magsoorname wees nie.

Maar jare van wanbesteding en verwaarlosing is besig om in onhoudbare krisisse te ontaard.
Deel op

“Die mense se woede is besig om te styg,” sê die Zimbabwiese politieke wetenskaplike John Makumbe. “Hulle is nie meer bang om op straat te gaan nie en ek die regering vrees wat volgende mag gebeur.”

Die wêreld se ergste hiperinflasie is besig om buite beheer te raak, en daarmee saam kom tekorte aan kos, brandstof, medikasie en elektrisiteit. Die polisie het betogings in die opposisievestings in die hoofstad, Harare, vir drie maande verbied. En kritiek binne Mugabe se regerende party, wat verdeel is oor wie hom gaan opvolg en wanneer, is besig om toe te neem.

“Een en elke individu in die boonste lae” is besig om vir posisies te baklei, het Mugabe Woensdag op sy eintlike verjaardag tydens ‘n uitsending op die land se enigste staatsbeheerde televisiestasie gesê.

Maar hy het kategories verklaar: “Daar is geen vakante poste nie want ek is steeds hier.”

Mugabe blameer sanksies, droogte en die vorige koloniale mag Brittanje vir die ineenstorting van ‘n ekonomie wat op die uitvoer van ‘n verskeidenheid landbou- en minerale produkte gebaseer is.

Ander blameer die grondroof van die afgelope aantal jare waartydens Mugabe swartes aangemoedig het om die meeste van die 5 000 blanke kommersiële boere met geweld uit te dryf wat 40 persent van alle landbougrond besit het en 75 persent van alle landbou-uitset geproduseer het.

Blanke boere het die land se grootste arbeidsmag in diens gehad en hul uitsetting het tot die verplasing van 300 000 gesinne gelei. Die plase wat meesal aan Mugabe se familie, bondgenote en handlangers gegee is, het sedertdien in onbruik verval en Zimbabwe beskik nie oor die buitelandse valuta om voedsel in te voer nie.

Die Wêreldbank beraam dat dit meer as 20 jaar sal neem vir Zimbabwe se ekonomie om tot die vlakke van 1980 terug te keer toe die land as die broodmandjie van die streek beskou is.

Die verbod op betogings volg ná botsings oor die naweek waartydens polisie traangas en waterkanonne teen opposisievergaderings gebruik het. Die opposisie het beplan om te protesteer teen die hoë lewenskoste, asook Mugabe se plan om sy termyn tot 2010 te verleng.

Mugabe “maak oorlog” teen sy eie mense, het die opposisieleier Morgan Tsvangirai vandeesweek verklaar.

Die Nasionale Gronwetlike Vergadering, ‘n koalisie van menseregte-, kerk- en voetsoolvlakorganisasies, het gister, Vrydag, ‘n verklaring uitgereik waarin die polisieoptrede gekritiseer word.

“Dis nie ‘n misdaad om ‘n mens teen ‘n onwettige aanval te verset nie en indien nodig behoort mense hulself teen ‘n partydige, gewelddadige polisiemag te beskerm wat poog om ‘n diktatuur en die lyding van die gewone volk te verleng,” lui die verklaring.

Intussen vind mense dit toenemend moeilik om net te oorleef.

Die hiperinflasiekoers, wat tans naby aan 1600 persent verkeer en deur ekonome as ‘n reguit lyn boontoe op ‘n grafiek beskryf word, het die bevolking in opstand. Die aantal Zimbabwedollars wat ‘n drieslaapkamerhuis met’n swembad en tennisbaan in 1990 kon koop, sal vandag net ‘n baksteen koop.

Die maandelikse pensioen van iemand wat lewenslank in die staatsdiens gewerk het, kan nie meer ‘n brood koop nie. Liefdadigheidsorganisasies berig oor depressie, selfmoord en wanvoeding onder pensioenarisse – waarby ‘n tipe van vitaminetekort wat die tandvleis, bene en hare aantas, inbegrepe is.

Kinders ly die ergste onder hierdie toestande, met een uit vier Zimbabwiese kinders wat wees gelaat is en meer as 2 miljoen wat hongersnood in die gesig staar, het die VN se Kinderfonds laat weet.

Die regering probeer om die inflasie te beheer deur geld te druk en die wisselkoers te beheer. Verlede jaar, toe ‘n halfdosyn eiers meer as ‘n miljoen Zim-dollars gekos het en die armste Zimbabwiërs miljoenêrs was, het die regering eenvoudig drie nulle van die geldeenheid verwyder. Die minimum maandelikse salaris van ‘n bediende het van $15 miljoen tot $15 000 gedaal. Die amptelike wisselkoers is op 250 Zim-dollar per VS-dollar vasgestel, maar in werklikheid verhandel dit teen 5000 teen een.

Sekere Zimbabwiërs word ryk uit die ellende. Party- en regeringsamptenare met toegang tot buitelandse valuta koop dit teen die amptelike koers aan en verkoop dit dan teen die straatwaarde, waardeur hulle reusewinste maak.

азотаДанильченко Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.