Bradley Manning skuldig bevind aan spioenasie

Deel op

bradleymanning‘n Amerikaanse militêre regter kolonel Denise Lind het Dinsdag bevind dat Bradley Manning nie skuldig is aan samewerking met die vyand nie – die mees ernstige aanklag wat hom in die gesig gestaar het vir die lek van dokumente aan WikiLeaks.

Maar sy het hom skuldig bevind aan die meeste van die ander 20 kriminele aanklagte in die grootste oortreding van geklassifiseerde inligtingswette in die Amerikaanse geskiedenis.

Die Amerikaanse regering het vir die maksimum straf gevra wat hulle beskou as ‘n ernstige oortreding van nasionale veiligheid. Manning se inligting het slagveldverslae van Irak en Afghanistan ingesluit.

Anti-geheimhoudingsaktiviste het Manning se optrede geprys as ‘n lig op donker Amerikaanse bedrywighede in die buiteland.

Aanklaers het tydens die krygsraad aangevoer dat Amerikaanse veiligheid deurWikiLeaks se anti-geheimhoudingswebwerf in die gedrang gekom het, met inligting oor ‘n aanval deur ‘n Amerikaanse Apache-helikopter en die gevangenes in Guantanamo.

Die lêers is deur Manning gesteel toe hy ‘n junior intelligensie-ontleder in Irak in 2009 en 2010 was. – Reuters

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.