Dodetal styg ná skietery by Grootvleimyn

Deel op
Grootvleimyn
Grootvleimyn

Altesaam sewe onwettige mynwerkers het gesterf toe ‘n geveg in ‘n mynskag in Brakpan-Noord aan die Oos-Rand uitgebreek het. Nóg 12 is gewond.

Nooddienswerkers het aanvanklik op vier lyke afgekom by die Grootvleimyn.

Volgens berigte is skote die naweek afgevuur toe ‘n ondergrondse geveg tussen twee groepe onwettige mynwerkers uitgebreek het.

Sommige families beweer hul familielede is steeds vermis. Soek en reddingspanne sal later vandag besluit of hulle sal voortgaan met hul soektog na vasgekeerde onwettige mynwerkers.

Sewe liggame is sover gevind nadat skote gevuur is tydens ‘n ondergrondse botsing tussen twee strydende groepe werkers.

‘n Woordvoerder van die Ekurhuleni Nooddienste, Rogers Mamaila sê twee vlakke van die mynskag is deurgesoek sonder dat enige iemand gevind is en nog een vlak sal gefynkam word voordat ‘n besluit geneem word. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.