Onwettige dobbelmasjiene vernietig

Deel op

slotmachineMeer as 400 onwettige dobbelmasjiene is in Mahikeng in Noordwes vernietig, nadat daarop beslag gelê is.

Die LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling in die provinsie, Matlalepula Rosho, sê onwettige dobbelbedrywighede word deur hoogs gesofistikeerde sindikate uitgevoer.

Volgens die uitvoerende hoof van die provinsie se Dobbelraad, Themba Ngobese, is die wette oor die voorkoming van onwettige bedrywighede heeltemal voldoende, maar slenters verhoed behoorlike wetstoepassing.

Die onwettige operateurs het dikwels lasbriewe op ‘n tegniese punt betwis en kon daarin slaag om die deursoeking van die perseel te uit te stel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.