Volksmoord in Zimbabwe?

ImageEk was gisteroggend nie seker dat ek reg gelees het toe ek die eerste keer gesien het van die waarskuwing teen volksmoord in die styl van Rwanda en Burundi wat moontlik nog in Zimbabwe kan gebeur nie. En dan is dit nogal geestelike leiers wat die waarskuwing rig ook. Mense, waar is julle geloof ? Ek moes toe teruggaan en die stuk ’n tweede keer lees totdat ek heeltemal vertroud was met alles.

Dit wil voorkom asof die Afrikageestelikes ’n wesentlike vrees het dat Zimbabwe sterk op dieselfde pad is as wat sekere kleiner Afrikalande in ons onlangse geskiedenis geloop het, die een van volksmoord. Dit wil sê: die amper totale uitwissing van die minderheidsgroepe in die betrokke streek.

Maar ek dink wel dat die betrokke sprekers die kat aan die stert beet het. Mense, dit is Afrika, daar is nie genoeg blankes in die streek om die sogenaamde volksmoord waaroor julle so bekommerd is te kán pleeg nie.

En het julle nie geweet dat swart mense nie in staat is tot sulke wrede dade van geweld nie? Dit is slegs aggressiewe blankes en hulle Westerse metodes wat hierdie geneigdheid toon. Ek is seker dat julle verbeelding net so bietjie oortyd werk en dat julle vrese totaal ongegrond is. Die kans dat geweld teen julle swart mense gebruik sal word om die verkiesing en sy nadraai te beïnvloed, is nul.

Ek stel dit weer vir julle: die swart mense van Afrika is nie tot geweld in staat nie en julle het vir seker nie nodig om te vrees nie.

Daar is wel ’n ander kant van die muntstuk wat ek moet noem. Dat moord aan die gang is, is ongetwyfeld so. En dit is nie net volksmoord op ’n klein skaal nie, maar totale nasiemoord, moord op die skaal waar groot dele van Afrika – Zimbabwe ingesluit – op ’n punt gaan kom waar daar nie meer mense is nie. En die moordenaars sal nie slegs die swart mense wees nie. Dit is ook die einste hulporganisasies van wie die inheemse boorling van die kontinent hom so afhanklik maak deur sy ewige soeke na kos, klere en ander hulpmiddele wat die inheemse bevolking voorheen vir homself vervaardig het. In sy soeke na Westerse middele en dinge het die boorling van Afrika homself so afhanklik gemaak van die Weste en selfs van sy Afrika-bure dat daar omtrent geen land meer in Afrika is wat totaal onafhanklik kan lewe nie.

Ek wil wel een uitsondering hier ophaal: Suid-Afrika in die apartheidsregering se tyd was waarskynlik die enigste land waar vooruitgang en ontwikkeling onverpoosd voortgegaan het, selfs onder die swaarste juk wat die Weste buite die kontinent deur middel van sanksies op ons geplaas het. Dit is in daardie tyd wat Suid-Afrika van die beste wapentuig in die wêreld ontwikkel het, omdat ons niks kon invoer nie. Dit is in dié tydvak wat dokter Chris Barnard hartoorplantings begin doen het, nie die buiteland nie, maar ’n blanke Afrikaner. Suid-Afrika het genoeg mielies, koring en ander voedselbronne gehad om selfs uit te voer na ander dele van Afrika en die wêreld.

Dít was ’n Suid-Afrika wat deur blankes goed bestuur en beheer is. ’n Land waar breinkrag ontwikkel en gekoester is.

Ek wil dit hier stel dat die versoek om hulp en inmenging wat die SA Raad van Kerke tot die VN en ander organisasies besig is om hulle buurland, Zimbabwe, verder te help met die poging om selfmoord te pleeg, of dalk kan dit selfs beskou word as bygestane genadedood. En nie net is die SARK daaraan skuldig nie, maar ook die Zimbabwiese Raad van Kerke, die Katolieke Biskoppe konferensie van Zimbabwe en die Evangeliese genootskap van Zimbabwe.

Deur die gekondisioneerde aanvaarding van hulp en die kondisionering tot hulpeloosheid is Afrika besig om sy eie ondergang teweeg te bring. Dit is dít wat Afrika stadig maar baie seker doodmaak.

Dit is nie die kort bloedige konflikte wat binne die grense van Afrika so nou en dan bietjie balans bring en die bevolking weer binne die perke bring van wat die land kan dra nie. Dit is nie die hongersnood en droogte nie. Die gebrek aan water, oorloë, hongersnood en ander dinge is maar net simptomaties van wat die werklike probleem.

Die probleem is die inmenging van mense van buite wat na sogenaamde slim “studies” bepaal het dat die probleem elders lê, en ja, hulle is reg. Die probleem lê by die Westerling wat nie gebore is op die kontinent nie en dan kom maak of hy na die studie alles verstaan het en voorstelle maak wat totaal onvanpas is.

Indien die VN en vennote die kontinent sou los en alle hulp onttrek, sal dit voorwaar bitter gaan vir ’n paar jaar. Maar die proses van selfmoord of bygestane genadedood sal dan tot stilstand kom en ’n balans kan ontstaan. Balans is die een ding wat ’n verskil kan maak tussen die voortbestaan van Afrika en die totale ondergang van Afrika. En hier praat ek ook van Zimbabwe en Suid-Afrika soos hulle vandag staan.

Dit is harde woorde dié, maar as die Afrikageestelikes wat nou so ten hemele roep om hulp, enige agting en selfrespek het, sal hulle baie vinnig hulle wysie verander en die hulp van buite bedank. Dit is reeds a.g.v. die hulp dat die kontinent as ’n geheel en in al sy kleiner lande in die groot gemors beland het. Dit is die rede dat die mense wel bekommerd is dat volksmoord in die basiese vorm in ons buurland gaan plaasvind. Nuusflits, mense: die volksmoord het reeds begin, en slegs julle kan dit stop deur self op te staan en te doen wat nodig is. Deur waardes, respek vir ander, werksetiek en vaardigheid te koester soos dit hoort, kan julle ’n nuwe Afrika skep as julle die wilskrag bymekaar kan maak. Die keuse is nie in ons hande as blankes nie, maar in die hande van die swart bevolking wat tans op ’n baan van selfvernietiging voortsnel en nie besef hoe naby die afgrond werklik is voor dit te laat gaan wees nie.

для девочки игра

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.