Verhoor oor Amcu-erkenningsooreenkoms uitgestel

Deel op
Amcu-lede
Amcu-lede

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddelling en Arbitrasie het ‘n verhoor oor die erkenningsooreenkoms tussen vakbonde en die platinummynmaatskappy Lonmin, tot aanstaande maand uitgestel.

Die mynvakbond AMCU het in Mei met onderhandelinge oor ‘n erkenningsooreenkoms begin.

Samesprekings tussen Lonmin en AMCU het vasgeval en die vakbond het die geskil na die KVBA verwys.

Die NUM het vroeër die maand ook ‘n geskil oor sy erkenning by Lonmin na die KVBA verwys, nadat die vakbond sy meerderheid by die myn verloor het en sy kantore teen die 16de van die maand moes ontruim.

Die NUM het daarna ‘n dringende aansoek by die Arbeidshof ingedien om Lonmin te keer om sy erkenningsooreenkoms op te skort.

Die hof het dié aansoek verwerp op grond daarvan dat dit nie dringend is nie.

Die vakbond Amcu het ‘n beroep gedoen op sy lede wat by Xstrata se Steelpoortmyn in Limpopo afgedank is, om nie deel te neem aan gewelddadige betogings nie.

‘n Mynwerker is Vrydag in onrus by die myn dood. Drie werkers is ook in hegtenis geneem nadat ‘n bus en ‘n vragmotor aan die brand gesteek is.

Die Amcu-takleier, Zeb Mabilu se broer, Leon Mabilu is die mynwerker wat Vrydag dood is.

Mabilu sê Amcu veroordeel Vrydag se geweld. Hy sê Amcu-lede gaan aanhou betoog, maar dit moet op ‘n vreedsame wyse geskied. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.