Vakbonde druk myne

Deel op

mynarbeidDie Kamer van Mynwese het ‘n dispuut met die vakbond Amcu verklaar oor salarisonderhandelinge in die goudsektor.

Dit sal waarskynlik beteken dat die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie by salarisonderhandelinge vir die hele sektor betrokke moet wees.

Die Kamer sê Amcu het goudprodusente se gewysigde aanbod van ‘n vyf persent verhoging in salarisse en voordele verwerp.

Drie verskillende vakbonde het verlede week ‘n amptelike dispuut met goudprodusente verklaar. Die salarisonderhandelinge word bestempel as van die moeilikste arbeid onderhandelinge sedert die einde van apartheid.

Dit is as gevolg van toenemende strydlustigheid by vakbonde, sowel as stygende kostes en dalende goudpryse.

Intussen het die mynwerkersvakbond die NUM die Kamer van Mynwese daarvan beskuldig dat hy werkers uitlok om te staak.

Werkers van die NUM eis ‘n salarisverhoging van tot 100 persent, afhangend van senioriteit.

‘n Woordvoerder, Frans Baleni sê hulle is bekommerd oor die dispuut, maar hulle hoop dat ‘n oplossing gevind kan word sonder dat die situasie in ‘n staking eindig. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.