Vavi se klag van afpersing staan steeds

Deel op
Vavi slaan terug
Vavi slaan terug

Die vrou wat ‘n klag van seksuele teistering teen Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, ingedien het, het die klag teruggetrek, maar Vavi oorweeg nogtans regstappe teen haar.

Die vrou het klag twee uur ná die begin van ‘n tugverhoor by Cosatu teruggetrek.

Vavi is bly dat die klag van seksuele teistering teen hom teruggetrek is, het hy Maandag gesê.

“Ek is bly die verhoor is gefinaliseer,” het Vavi in ‘n verklaring gesê.

“Ek hoop ons kan almal die sage agter ons sit sodat ons kan konsentreer op die werklike kwessies van die dag – om te verseker dat ons ‘n dinamiese vakbondfederasie het wat Suid-Afrika en die belange van werkers bevorder.”

Vavi het erken dat hy seks gehad het met die getroude vrou, wat ‘n werknemer is van Cosatu, en beweer sy het later probeer om R2 miljoen van hom te eis.

Hy het ontken dat hy haar verkrag het en gesê sy het ingestem om seks met hom te hê.

Sy het ‘n klag van seksuele teistering teen hom ingedien, maar Maandag tydens ‘n tugverhoor teruggetrek.

Hy het gesê hy sal met sy prokureur vergader om te sien of enige verdere stappe gedoen kan word oor die klag. Vavi sê sy aanklag van afpersing teen ‘n 26-jarige vrou wat hom van verkragting beskuldig het, staan steeds.

“In die lig van die skade wat my reputasie berokken is, sal ek met my prokureurs vergader om enige verdere stappe oor die kwessie te oorweeg.” – Sapa

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.