Blair laat terroris vry vir wapens, wys e-pos

Deel op
Tony Blair
Tony Blair

‘n E-pos gestuur deur die destydse Britse ambassadeur na Tony Blair vanuit Tripoli gee besonderhede oor hoe ‘n gevangene-oordragooreenkoms onderteken sou word sodra Libië “sy belofte nakom” om Britse wapentuig aan te koop.

Die onthulling is ‘n yslike verleentheid vir lede van die Arbeidersregering, wat altyd daarop aangedring het dat Abdelbaset al-Megrahi se vrylating is nie gekoppel is aan die kommersiële handel in wapens nie.

Die e-pos is gestuur op 8 Junie 2008 deur Sir Vincent Fean, die destydse Britse ambassadeur, na Tony Blair se privaatkantoor, voor ‘n besoek kort nadat hy uitgetree het as eerste minister.

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu het intussen na Blair as ‘n oorlogmisdadiger verwys en geëis dat hy aangekla word by die Internasionale Strafhof vir sy aandeel in die inval in Irak.

Blair het na Tripoli gevlieg om Gaddafi te ontmoet op 10 Junie in ‘n privaatstraler wat deur die Libiese leier gestuur is, een van minstens ses besoeke van Blair na Libië.

Die inligting, wat 1300 woorde bevat, onthul besonderhede oor hoe gretig Brittanje was om sake te doen met Gaddafi.

Die Verenigde Koninkryk het dit as ‘n belangrike doelwit beskou om Libië se £80 miljard van sy soewereine welvaartfonds te belê deur die Stad van Londen in die lig van die bankkrisis wat die finansiële sektor in dieselfde jaar geskud het.

Die Verenigde Koninkryk was privaat krities oor President George Bush se voortsetting van ‘n bevriesing van Libiese bates in Amerika, wat in die proses saketransaksies gekniehalter het.

Die Departement vir Internasionale Ontwikkeling was gretig om ‘n ander Libiese fonds te gebruik om te betaal vir skemas in Sierra Leone en ander armoede-geteisterde lande in Afrika.

Die vrylating van Megrahi in Augustus 2009 het ‘n groot bohaai veroorsaak, met die Britse regering wat volgehou het hy is vrygelaat uit meegevoel, want hy ly aan terminale kanker, en dat die besluit geneem is uitsluitlik deur die Skotse regering.

Megrahi is skuldig bevind in 2001 van die moord op 270 mense toe die PanAm vlug 103 van Londen na New York opgeblaas is oor Lockerbie in Skotland in 1988.

Dit bly Brittanje se enkele ergste terroriste-aanslag.

Libië het deurentyd druk op die VK geplaas om Megrahi vry te laat, en net voordat hy weg is uit Downingstraat, het Blair na Sirte gereis om Gaddafi en Al-Bagdadi Ali al-Mahmoudi, Libië se destydse eerste minister te ontmoet.

Op dié vergadering, volgens Sir Vincent se e-pos, het Blair en met die Libiese leiers ooreengekom dat Libië die missielafweerstelsel sal koop van MBDA, ‘n wapenvervaardiger in besit van BAE Systems.

Tydens die ontmoeting is ‘n memorandum van verstandhouding  ook onderteken vir ‘n gevangene-oordrag wat die weg gebaan het vir Megrahi se vrylating. – The Telegraph

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.