Midvaal-burgemeester ‘vat die pad’ onder wolk van korrupsie

Deel op

corruptionHermène Koorts van COPE sê alhoewel Timothy Nast, Midvaal se DA-burgemeester wat pas bedank het, ‘n briljante man is, kon hy nie staande bly ​​teen diegene wat hom aan die mag geplaas het nie.

Midvaal se burgemeester het intussen “die pad gevat” terwyl ‘n wolk van beweerde korrupsie oor die party hang.

Die Congress of the People (Cope) se verteenwoordiger by die Gautengse Provinsiale Wetgewer sy is nie verras deur die bedanking van Midvaalburgemeester, mnr Timothy Nast nie. Hy het glo intussen ‘n pos by die Gautengse Beplanningskommissie aanvaar.

COPE se woordvoerder, LPW Hermène Koorts die nuus het nie gekom as ‘n skok vir haar nie, want gerugte dat hy onder kwaai druk verkeer weens die beweerde korrupsie in Midvaal, sirkuleer al maande lank.

Die rede vir die bedanking is duidelik. Midvaalmunisipaliteit word deur verskeie bewerings van korrupte amptenare in die verlede geteister, en die Openbare Beskermer het ook verwys na korrupte optrede binne die munisipaliteit van die Demokratiese Alliansie (DA), in beheer in Midvaal. Hoewel dienslewering in Midvaal aanvaarbaar is, het die DA nie opgetree toe DAlede die beweerde korrupsie jare gelede aan beide die provinsiale en nasionale leiers onthul het nie. In werklikheid, het hulle probeer om die feite weg te steek, wat nooit wou gaan lê nie,” sê LPW Koorts.

Koorts, wat ook woonagtig is in die groter gebied, het bygevoeg dat mnr Nast ‘n briljante man is, maar hy kon nie opstaan ​​teen die mense wat hom an die mag geplaas het nie.

“Die feit dat die burgemeester bedank het laat die DAraad verdeel en sal ‘n uitwerking hê op hoe die bestuur hanteer sal word in die toekoms,” het sy geëindig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.