Amor na hospitaal gehaas ná val van trappe

Deel op
Amor Vittone
Amor Vittone

Amor Vittone, die sangeres en vrou van die gewese Springbok kaptein, Joost van der Westhuizen, is kort voor middagete na die Midmed Hospitaal gehaas, waar sy op aarvoeding geplaas is, nadat sy flou geval het tydens ‘n optrede by Eskom se bestuursprysuitdeling by Riverside.

Sy het tydens die glansgeleentheid opgetree as gasheer en is na haar floute, en kort behandeling in Midmed, reguit huistoe vir rus het haar ma, Delyse Vittone, Donderdag aan die Observer gesê.

Amor het Maandag nog op haar Facebook-blad geskerts dat sy Middelburg toe kom vir die Eskom funksie en hoop “daar is nie ‘n blackout nie”.

Talle van haar aanhangers, soos Isabel Pretorius, het ewe tong in die kies gesê: “Eskom moet jou net nie uitshort nie”.

Terwyl Ray Harris haar herinner het “dat 10:00 lights out is”.

Sy het omstreeks 12:00 van drie verhoogtrappies afgetuimel en paramedici is dadelik deur haar klankman ontbied om Amor hospitaal toe te vat.

Haar goeie vriend en vertroueling van Middelburg, Andries du Preez, sê hy ken min mense met die energievlakke van Amor.

Hulle het Maandagaand voor haar optrede weer soos ou vriende om die koffiepot gekuier “want as Amor gesels is daar geen einde aan haar nie,” sê Andries.

‘n Besorgde Du Preez het Donderdag tydens navrae gesê dat “Amor gesond en opgewek” gelyk het tydens hul kuiertjie.

Andries sê dat die hele Suid-Afrika se oë nou op Amor is na haar versoening met Joost wat ‘n stryd met motorneuron siekte voer.

“Die stres op my vriendin is groot, sy moet sterk staan vir haarself en haar kinders deur Joost se beproewing en brood op die tafel sit,” sê Andries.

Sy was Donderdag weer oudergewoonte volstoom aan die skitter by ‘n modeparade by haar kinders se skool, en kon nie op Observer navrae reageer voor druktyd nie.

Volgens Andries was die voorval te wyte aan uitputting en kan Amor se aanhangers gerus wees dat sy gesond is. – looklocal.co.za

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.