Afrikaanse skole ‘reeds 50% te min’

Deel op

Volgens die onderwysvereniging TABOK bestaan daar reeds ‘n tekort aan Afrikaanse skole van 50%. Resultate van omvattende navorsing wat vir TABOK gedurende 2006 gedoen is, het getoon dat skole wat na parallelmedium oorskakel, wel deur ‘n geforseerde proses gaan waar die oorwig van getalle die instellings deur die dubbelmediumstadium na Engels-enkelmedium binne ‘n redelike tyd voer.

Dit bevestig ook dat die bestaande etos van die skool onomwonde deur die afdwing van ‘n ander taalmedium verander.

Deel op

Die navorsing het ook getoon dat daar reeds ‘n tekort van 50% Afrikaanse skole in sowat ses provinsies, met inagname van die getalle van Afrikaanse leerders in daardie provinsies, is. Dit is vanweë hierdie tendense dat die proses stelselmatig alle Afrikaanse skole na Engelsmedium transformeer. Die genoemde navorsingstuk is op aanvraag by TABOK beskikbaar. Dit verteenwoordig verdere bewys dat dit slegs voorheen blanke model-C Afrikaanse skole is wat landswyd aan hierdie druk blootgestel word.

Volgens TABOK, "toon hierdie navorsing, die optrede van die Onderwysdepartement se amptenare en in besonder die Minister se toetrede tot Ermelo-hoërskool se geval, ‘n onomwonde kleur van etniese dikriminasie teen die etos van die Afrikaner, asook die miskenning van sy grondwetlike regte om sy eie taal, kultuur en godsdiens binne eie onderwys- sowel as ander kulturele- en godsdienstige instellings te behou. Hierdie regte is verskans in die RSA Grondwet, sowel as die internasionale reg onder die bepaalde definisie van die regte van etniese, kulturele, taal- en godsdienstige minderheidsgroepe, waarvan die Afrikaner by uitstek een is. Dit is nie net taalbeleid en magte van beheerliggame wat ter sprake is nie, maar die totale omvang van al die genoemde regte."

прибор для диагностики авто купитьпрокурор харьковской области

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.