Malema: Afrikaners en Indiërs sweer saam teen my

Deel op
Julius Malema
Julius Malema

Julius Malema beweer dat die belastingsaak teen hom is ‘n polities gemotiveerde sameswering is gelei deur ‘n groep Indiërs wat ‘in die bed‘ geklim het met Afrikaners.

Die ekonomiese vryheidsvegters leier het dié bewerings gemaak, het die Sunday Times berig.

“Ek is onderworpe aan politieke vervolging deur die politieke leierskap gelei deur [Minister van Finansies] Pravin [Gordhan], saam met sy groep Indiërs, is Malema aangehaal deur die koerant.

“Dit is ‘n klein kliek van Indiërs wat in die bed is met ‘n groep Afrikaners in [die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID)], en Afrikaners in die regswêreld.

Hy het glo beweer dat die klein groepie Indiërs ‘n “politieke program” teen hom voer.

“Die Afrikaner is besig met die voortsetting van rasse-haat teen Julius en wat hy voorstaan,” het hy gesê.

Dinsdag is Malema se Polokwanehuis, die derde eiendom, opgeveil.

SAID het die eiendom op ‘n veiling verkoop om Malema se R16miljoen belastingskuld te verhaal.

In Mei, is Malema se onvoltooide huis in Sandton, Johannesburg, verkoop op ‘n veiling vir R5.9miljoen. Sy plaas in Limpopo het R2.5miljoen op ‘n veiling in Junie gehaal. Verskeie van sy huishoudelike goedere is ook opgeveil vroeër in die jaar.

Malema staar ook aanklagte van korrupsie in die gesig en sal aanstons in die Polokwane-landdroshof verskyn. Hy word van byna R4 miljoen se korrupte aktiwiteite beskuldig, en is uit op borgtog van R10 000. Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.