Vavi: SMS’se onthul joviale verhouding met ‘verkragte’ vrou

Deel op
Vavi
Vavi

Die vrou wat Cosatu se hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi van verkragting beskuldig sal haar storie vertel by die federasie se interne proses oor die aangeleentheid.

Die jongste verwikkeling is deel van ‘n reeks kwessies wat die druk op Vavi verhoog om af te sien van sy amp.

Verlede week is Vavi weer deur sy vyande in die vakbondfederasie daarvan beskuldig dat hy nie die belange van die werkersklas op die hart dra nie, dat hy hulle in die steek laat sy deur sy samewerking met die ANC-leierskap en dat hy die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party wil kalmeer.

In ‘n voorlegging aan die kommissie van ondersoek ingestel sedert verskeie aantygings teen Vavi gebring is deur die leiers van Cosatu-affiliasies – onder andere sy president, Sdumo Dlamini, sy adjunk-president, Zingisa Losi, die sekretaris-generaal van die Nasionale onderwys, gesondheid en Allied Workers’ Union, Fikile Majola, en die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Mynwerkers, Frans Baleni – wys hulle op sy “regse neigings” deur af te wyk van Cosatu-resolusies.

Die 26-jarige werknemer van Cosatu het Vavi intussen daarvan beskuldig dat hy haar verkrag het in Januarie vanjaar.

Die vrou het ‘n klag by Cosatu gelê en daarna R2 miljoen van Vavi en sy vrou geëis in ruil daarvoor om nie ‘n kriminele klag te lê nie. Vavi het sedertdien ‘n klag van afpersing teen die vrou gelê.

Die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika (Numsa) se KwaZulu-Natal-tak was die eerste organisasie om uit te kom ter ondersteuning van Vavi. Numsa het gesê dat die verkragtingbewering teen Vavi polities gemotiveer is.

“Hierdie jongste verkragtingbewering kan nie losgemaak van die giftige, kwaadwillige en goed berekende politieke offensief gemik op die vernietiging van kameraad Vavi se politieke integriteit en aansien in die samelewing nie,” het Numsa se plaaslike sekretaris Mbuso Ngubane in ‘n verklaring gesê. Hy het gesê die unie is “ten volle agter” Vavi.

Die Azanian People’s Organisation het ook hul kommer uitgespreek oor of die bewerings binne die regerende alliansie as ‘n wapen gebruik word om Vavi te verswak in sy standpunte teen knoeiery en wanadministrasie in die land.

Vavi, in ‘n verklaring Saterdag, het erken dat hy ‘n verhouding met die vrou gehad het. Hy het daarop aangedring dat die seks met haar instemming plaasgevind het. In ‘n reeks SMS-boodskappe tussen Vavi en die vrou, was daar geen tekens van woede teenoor Vavi ná die beweerde voorval in Januarie nie.

Die SMS’e onthul tewens ‘n joviale verhouding tussen die twee. In Junie, het onbekende mense haar genader en probeer dwing om te beweer dat Vavi haar seergemaak het.

Die vrou beweer sy is R1-miljoen aangebied om so ‘n verklaring te maak en die gerusstelling gegee dat sy beskerm sal word. Op 11 Junie het sy aan Vavi ge-SMS: “Ek het slapelose nagte as gevolg hiervan, mense wat my wil dwing om sê dat jy my seergemaak het, wat inligting wil hê van my, ek dink nie ek wil meer werk by Cosatu nie … dit is alles te veel vir my. Ek kan nie, dit is ‘n siek wêreld van politiek.”

Op dieselfde dag, het haar man egter getwiet, “Zwelinzima jy is ‘n fokken hond” en Vavi later as ‘n verkragter beskryf.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.