
‘n Verbod is Saterdag opgehef op ‘n film wat as “kinderpornografie“ beskryf is oor ‘n sekstoneel tussen ‘n swart onderwyser en ‘n swart minderjarige leerling.
Die plaaslike film “Of good report“ is toegelaat nadat ‘n klag deur die organiseerders van die Durbanse International Film Festival gelê is, waar dit bedoel was om verlede week te draai.
Die film is Sondag vertoon, die laaste dag van die fees.
Die fliek handel oor ‘n skool waar ‘n onderwyser aangetrokke tot jong meisie van 16 is, gespeel deur ‘n 23-jarige aktrise.
Die land se sensuurowerheid het gesê hulle is “baie teleurgesteld en hartseer” deur die ter syde stelling van die Appèltribunaal se besluit om die film te verbied,
“Die rolprent val binne die definisie van kinderpornografie,” het die Film-en Publikasieraad gesê, en volgehou dat hulle besluit steeds “die korrekte een bly en was”.
Die raad het geweier om die fliek te klassifiseer.
Dit is nou toeganklik vir fliekgangers tussen die ouderdomme van 16 en ouer met waarskuwings van seks, naaktheid, geweld en sterk taal.
Die skep, vervaardiging, besit en verspreiding van kinderpornografie is egter ‘n kriminele oortreding.
Die Freedom of Expression Institute het die besluit om die film te verbied as‘n te “streng en simplistiese interpretasie van die wet” beskryf.
Seks tussen ouer mans en jong meisies is ‘n groot oorsaak van MIV in Suid-Afrika, wat die wêreld se grootste bevolking wat met vigs leef – meer as vyf miljoen – verteenwoordig.
Suid-Afrikaners kan op 16 wettig instem tot seks, maar die land se publikasiewette laat die uitbeelding van seks slegs vanaf 18 jaar en ouer toe.