Linkse leedvermaak oor beswaddering van Sunette Bridges by Facebook

Deel op
Carina Papenfus, wat die veldtog gevoer het om Sunette Bridges van deelname aan sosiale media soos Facebook uit te sluit
Carina Papenfus, wat die veldtog gevoer het om Sunette Bridges uit deelname aan sosiale media soos Facebook uit te sluit

‘n Ekstreem-linkse groep in die Wes-Kaap het daarin geslaag om die sangeres en menseregte-aktivis Sunette Bridges se Facebook-blad te laat sluit. Blykbaar het die groep Bridges maande lank agteraf by Facebook-administrateurs belaster en beswadder totdat die Amerikaanse internetreus aan hul eise gehoor gegee het.

Die selfaangestelde leidster van die groepie marxistiese radikales heet Carina Papenfus en was blykbaar voorheen ‘n prokureur alvorens sy van die rol geskrap is weens haar betrokkenheid by twyfelagtige eiendomstransaksies.

Gister het Papenfus op Facebook gespog: “Alle eer aan die Facebook Aktiviste wat sonder ophou gewerk het om die hate site wat Sunette Bridges op Facebook bedryf het te laat sluit. Sx is ex. Foorwaards frinne! Next stop Dok Daan.”

Johan Pienaar, rekenaartegnikus
Johan Pienaar, rekenaartegnikus, militante ateïs en links-totalitêre

In ander reaksies het Johan Pienaar, die rekenaartegnikus van Stellenbosch wat aan Cancervive geskryf het om Bridges se optrede op Naboomspruit te laat kanselleer, op ‘n vroulike deelnemer geswets: “My taal gebruik het fokol met jou te doen.jou tipie verdien gn respek dus Fok jou.as jy gedink het dis verkeerd.die kinderhuis.hoekom het jy dan ok ni n e pos aan zuma gestuur.SO FOK JOU.VLIEG IN JOU MOER SLEG Etter van n witvel….KARMA IS N BITCH.

Hierna het Johan Sloet de Villiers, wat ook by die teistering van Sunette Bridges betrokke is, gesê: “Fantasties! Dankie vir jou brief aan Cancervive, Johan. Ek hoop Bridges is permanent verwyder. Nou kan ons fokus op Dan Roodt.”

Nadat verskeie Facebook-ondersteuners dr. Dan Roodt ingelig het dat die ekstreem-linkse groep hom gaan “teiken”, het hy “die onverdraagsaamheid wat blykbaar in en om Stellenbosch uitbroei” betreur. Hy het voortgegaan deur sy volle steun aan me. Sunette Bridges se menseregteveldtog toe te sê en gemeen: “Ek het reeds verskeie kere vermeld dat die geestelike Berlynse muur nooit in Suid-Afrika afgebreek is nie. Ons sit hier met ‘n onverdraagsaamheid van die Oos-Duitse of Sowjet-tipe wat andersdenkendes of mense wat net omgee oor kinders en oumense wat vermoor of gefolter word, stigmatiseer en vervolg. In die 1980s het mense oor sensuur in Suid-Afrika gepraat, maar ek dink die sensuur en onverdraagsaamheid wat ons nou beleef is veel erger, want dit gaan om die weerhouding van noodsaaklike inligting rondom die moorde en aanvalle op weerlose mense en waarop Sunette Bridges ons attent gemaak het.”

Dr. Roodt is reeds in 2005 met geweld op Stellenbosch gedreig toe hy uitgenooi is om oor sy roman Moltrein in ‘n boekwinkel tydens die Woordfees te gaan praat. “Ek dink ek het destydse al ‘n voorsmakie gehad van die soort heksejagte wat daar teen diegene van ons geloods word wat ons teen die moorde op babas, kinders en ander weerloses uitspreek. Ek dink dit gaan ook daaroor dat die revolusionêre linkervleuel in Suid-Afrika ‘gekul’ voel omdat hulle nooit vrylik geweld en massamoorde kon pleeg soos hulle sou wou nie. Op 29 Maart 2004 het ek by Wits gehoor hoe van die Stellenbosse akademici wat my later sou dreig, praat van ‘daar het nog nie genoeg bloed gevloei nie’. Blykbaar hang hierdie mense die doktrine van Frantz Fanon aan wat wil hê dat daar geen ‘ware vryheid’ kan wees alvorens daar nie ‘n bloedige revolusie of ‘oehoeroe’ plaasgevind het nie. My enigste afleiding is dat Pienaar, Papenfus, De Villiers et al ook Fanoniane is wat in plaasmoorde en aanvalle op kinders soos Willemientjie Potgieter, Danielle Esterhuizen, Alyssa Botha en Kayla Rawstone vorme van geregverdigde revolusionêre suiwering sien.”

Robert McBride, die held van Kaapse marxiste, hier afgeneem in sy uniform toe hy nog hoof van die Oos-Randse metropolisie was
Robert McBride, die held van Kaapse marxiste, hier afgeneem in sy uniform toe hy nog hoof van die Oos-Randse metropolisie was, voor sy dronkbestuursaak

Hy het voorts gesê dat “ons nie die geweldige toename in links-totalitêre denke in ons land moet onderskat nie. Hierdie mense is byna soos fundamentalistiese selfmoordbomplanters: hulle duld geen teëspraak of afwyking van hul doktrine nie. Ons weet dat hulle reeds in die verlede by terreur en aanvalle op burgerlikes betrokke was of sodanige terreur gesteun het. Die terroris Robert McBride is hul groot held. Menselewens tel vir hulle niks en om hul ‘nuwe wêreld van gelykheid’ te skep, sal hulle selfs volksmoord pleeg.”

Roodt meen verder dat alle deelnemers aan sosiale media en veral Facebook “met omsigtigheid te werk moet gaan. Ons moet besef dat, vanuit die oogpunt van links-totalitêres ons ‘ongewenstes’ verteenwoordig, wat dus konstant aangekla, geteister, verguis en bes moontlik vervolg sal word. Ons moet sover moontlik ook die Facebook-bestuur inlig dat daar radikale groepe en individue in ons land bestaan vir wie spraakvryheid ‘n sogenaamde ‘bourgeois’ of burgerlike afwyking verteenwoordig wat so gou moontlik beëindig moet word. Hulle is so fanaties dat hulle ook nie voor terreur sal stuit en selfs die Facebook-hoofkantoor mag aanval indien dié organisasie nie aan hul eise gehoor gee nie.”

Intussen het PRAAG ‘n petisie ten gunste van Sunette Bridges se reg op spraakvryheid geloods wat binne 24 uur meer as 1000 handtekeninge ontvang het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.