Nog Naspers-haatspraak teen Afrikaners

Deel op

delport_manfred_600

deur Manfred Delport

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

As enige iemand nog hoegenaamd enige twyfel gehad het oor die moedswillige propagandaveldtog wat uit Naspersgeledere teen Afrikaners gevoer word, hoef hulle slegs hierdie berig in die Beeld van 27 Julie, 2013, te lees.  Of nee, wag, die term berig is heeltemal te vleiend vir dié stuk haatspraak. Die naam berig sou dui op gebalanseerde, objektiewe veslaggewing. Hierdie stuk propaganda het egter niks met joernalistiek te make nie, en sou veel eerder die Nazi’s se meesterpropagandis, Julius Streicher, se hart blygemaak het, as dit op Jode gerig sou wees.

Sunette Bridges, die slagoffer van hierdie propaganda, is ‘n sangeres. Sover my kennis strek is sy nie ‘n diktator van ‘n mislukte Afrika-piesangrepubliek nie, en ek is veral oortuig sy het nie die bloed van 20000 onskuldige Matabeles op haar hande nie. Nietemin word sy sommer met die intrapslag gelykgestel aan Mug-aap, met hierdie sinnetjie: “Jy gaan mos nie van Robert Mugabe geld aanvaar nie.”

Voorts was ek nog nie by ‘n konsert van haar nie, maar ek kan my nie indink dat sy ‘n laken met gaatjies vir oë op die verhoog dra nie, en ek is weer eens oortuig sy het nog nooit ‘n swart persoon aan ‘n boom opgehang nie. Later word sy egter ook gelykgestel aan ’n lid van die Ku Klux Klan.

Dus: Sunette Bridges is die morele ekwivalent van ‘n moorddadige terroris, of iemand wat bendegeweld teen swartes pleeg. Waarom word die feite en die waarheid ondergeskik gestel aan emosionele, anti-blanke opruiery? Antwoord: Omdat sy durf haar pro-blanke opinies in die openbaar lug, en durf waag kettery pleeg teen die heersende godsdiens van die ontkenning van blanke volksmoord.

Laasgenoemde haatspraak is aanhalings uit ‘n stuk emorsionele drek van ene Johan Pienaar. Ek wil nie graag tot op Beeld se vlak daal, en in die Pienaar-persoon se karakter inklim nie nie, maar ek moet tog wonder waarom daar nie ook ‘n foto van meneer Pienaar langs die onvleiende foto van Sunette Bridges pryk nie. Die propaganda in Beeld verskaf egter geen besonderhede oor hom nie. Wat is hy? Wie is hy?  Wat maak hom voel hy is een of ander segsman vir linksverkramptes? Behoort hy aan een of ander blanke selfhaat-organisasie? Is hy huisvriende met dr Samantha Vice?

Anders as meneer Pienaar se verstommend-onnosele stuk propaganda, wat goedsmoeds deur Beeld se Julius Streichers as die waarheid aangesien is, is die feite eenvoudig: Me Bridges het uit die goedheid van haar hart aangebied om by ‘n fondsinsamelingsgeleentheid op te tree, ten bate van Cancervive.  Om redes wat net aan hom bekend is, het Johan Pienaar, wie hy ook al mag wees, onmiddellik berserk geraak met linksverkrampte woede, en dit op homself geneem  om ‘n histeriese brief aan Cancervive gestuur, waaruit sy linkse selfhaat soos stinkende etter uit ‘n sweer gestroom het. Cancervive het toe die optrede gekanselleer. Beeld het die ganse, onsmaaklike petalje gesien as net nog ‘n geleentheid om diegene soos me Bridges, wat durf waag trots wees op hul eie volk, by te kom en as terroriste of KKK-lede te etiketteer, en kon kwalik wag om meneer Pienaar se absurde selfhaat te publiseer op ‘n wyse wat dit duidelik gemaak het dat hulle dit met mnr Pienaar eens is.

Opnuut is daar lesse vir ons as Afrikaners hieruit te leer. Een is dat politieke gedienstigheid onder organisasies soos Cancervive bykans alles troef. Ek sal oor my dooie liggaam dus geld skenk aan Cancervive, en hoop dat alle ware Afrikaners ook vir Cancervive en soortgelyke organisasies sou boikot.

‘n Belangriker les is egter dat ons grootste vyande nie swart is of noodwendig binne die ANC sit nie. Daar is genoeg slange in eie boesem wat ons probeer ondermyn, en die voorste propaganda-orgaan van hierdie slange heet Naspers.

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.