Lesers, adverteerders en media

Deel op

roodt_fbfoto

deur Dan Roodt

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Hou van Roodt se Facebook-blad

Enkele gedagtes oor die stand van media in Afrikaans. Elders hier verskyn ‘n berig oor reklamebesteding op digitale media in Suid-Afrika. Dit is net 2% – teenoor 35% in die VSA! Ook word advertensiemaatskappye beoordeel, nie op die hoeveelheid produkte wat die advertensie verkoop nie, maar op die “toekennings” wat hulle jaarliks ontvang. Dit verklaar waarom daar soveel politiek in die advertensies is.

Wie is uiteindelik Beeld, Rapport, Huisgenoot, ens. se kliënte? Nie die lesers nie, maar die adverteerders, want hulle word deur laasgenoemde betaal. Daarom skryf Naspers berigte waarvan hulle dink dat die adverteerders sal hou. Die lesers is net “oogballe” wat hulle aan die adverteerders verkoop.

Adverteerders en groot maatskappye steur hulle dus grootliks nie aan die internet nie, maar betaal groot somme geld vir gedrukte advertensies of TV- en radioreklame waarvan hulle nie eens die uitwerking kan bepaal nie.

Dit skep vir ons ‘n geleentheid om ‘n nuwe mediamodel in Afrikaans te skep wat nie van adverteerders en advertensiemaatskappye wat ‘n vorm van linkse politiek bedryf, afhanklik is nie. Ons sal deur die lesers ondersteun word, omdat ons die belang van die lesers dien en nie dié van die adverteerders nie.

Natuurlik sal Naspers ook op ‘n dag die belang van lesers insien as hulle geen meer “oogballe” het om te verkoop nie. Maar dan gaan dit te laat wees en hul invloed in Afrikaans, wat reeds byna 100 jaar oud is, sal ten einde loop.

Soos hulle sê: Diegene wat die gode wil vernietig, maak hulle eers arrogant. Naspers is seker die arrogantste maatskappy in die ganse Suid-Afrika!

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Hou van Roodt se Facebook-blad

Hierdie kommentaar het oorspronklik op praag se Facebookblad en op roodt.org verskyn.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.