Egiptiese premier vra ondersteunersverbod op Broederskap

Deel op

egypt_violenceEgipte se minister van Binnelandse Sake, Muhammad Ibrahim het ‘n verbod gevra op protesoptrede ter ondersteuning van die Moslemse Broederskap.

Dit volg ná nog ‘n nag van onrus in die land waartydens sewe mense dood en meer as 100 beseer is.

Strydende groepe het regdeur Egipte opgeruk nadat die hoof van die gewapende magte ‘n beroep gedoen het op die teenstanders van die uitgesette president Mohammed Morsi om ná Vrydaggebede die strate in te vaar.

Morsi is nou amptelik in aanhouding oor sy beweerde samewerking met die militante Palestynse groep Hamas. Hy sal ondervra word oor aanvalle op polisiestasies en tronke in 2011.

Talle Islamitiese en ander politieke gevangenes het ontsnap in dié aanvalle tydens die opstand teen die vorige president Hosni Moebarak.- RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.