Kings kry pak, Bulle pak Brumbies

Deel op
Dewald Potgieter
Dewald Potgieter

Die Leeus het die eerste van twee promosie-relegasiewedstryde vir aanstaande jaar se Superrugbyreeks teen die Southern Kings in Port Elizabeth met 26-19 gewen, berig RSG.

Vir die Leeus het Stokkies Hanekom altwee hul drieë gedruk, terwyl Elton Jantjes ‘n skitterende wedstryd gehad en 14 punte bygevoeg het.

Sy eweknie by die Kings, Demetri Catrakilis het self nege punte bygedra, terwyl Marcello Sampson en Steven Sykes die driedrukkers was.

Die Oos-Kaapse Premier, Noxolo Kiviet, het Donderdag die provinsie se Superrugby se geliefde ANC-franchise besoek om hulle sterkte toe te wens, maar dit het toe nie vir die nodige punte gesorg nie.

Die wenner van die valbyl-reeks sal tot 2016 van ‘n plek in die toernooi verseker wees.

Die tweede en finale uitspeelwedstryd is aanstaande naweek op Ellispark in Johannesburg.

Die twee halfeindrondewedstryde in vanjaar se reeks word Saterdag gespeel. In Hamilton, Nieu-Seeland speel die Chiefs teen die Crusaders in die Waikatostadion, en die afskop is net na halftien vanoggend.

Op Loftus Versfeld sal die Bulle, Jake White se Brumbies net na vyfuur vanmiddag pak. Die wenner van die stryd in Hamilton sal aanstaande Saterdag teen die wenner van die wedstryd in Pretoria te staan kom.

Die Brumbies het ‘n onveranderde span aangekondig vir die Superrugby-halfeindwedstryd.

“Die Bulle gaan ‘n reuse-uitdaging wees die naweek. Ons weet dat hulle met hul voorspelers gaan speel en Morné [Steyn] gaan gebruik om die punte te kry,” het die span se afrigter, Jake White, tydens Woensdag se aankondiging gesê.

Indien die Crusaders en die Bulle hulle onderskeie wedstryde wen, is die eindstryd op Loftus Versfeld. Indien die Chiefs en die Bulle wen, sal die eindstryd in Nieu-Seeland gespeel word.

Bulle:

15 Zane Kirchner, 14 Akona Ndungane, 13 JJ Engelbrecht, 12 Jan Serfontein, 11 Bjorn Basson, 10 Morne Steyn, 9 Francois Hougaard, 8 Dewald Potgieter (kaptein), 7 Jacques Potgieter, 6 Deon Stegmann, 5 Grant Hattingh, 4 Flip van der Merwe, 3 Werner Kruger, 2 Chiliboy Ralepelle, 1 Dean Greyling PLAASVERVANGERS: 16 Callie Visagie, 17 Frik Kirsten, 18 Morne Mellett, 19 Paul Willemse, 20 Jono Ross, 21 Jano Vermaak, 22 Jürgen Visser

Brumbies:

15. Jesse Mogg, 14. Henry Speight, 13. Tevita Kuridrani, 12. Christian Lealiifano, 11. Clyde Rathbone, 10. Matt Toomua, 9. Nic White, 8. Ben Mowen (kaptein), 7. George Smith, 6. Peter Kimlin, 5. Sam Carter, 4. Scott Fardy, 3. Ben Alexander, 2. Stephen Moore, 1. Scott Sio PLAASVERVANGERS: 16. Siliva Siliva, 17. Ruan Smith, 18. Fotu Auelua, 19. Colby Faingaa, 20. Ian Prior, 21. Andrew Smith, 22. Joe Tomane

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.