
deur Jerome Pugmire
Die leier in die Formule-Een-kampioenskap, Sebastian Vettel, was vandag die vinnigste in beide oefenrondtes vir die Hongaarse Grand Prix.
Vittel, wat vir die derde keer sy Formule-Een-titel verdedig, het albei kere gemaklik voor sy spanmaat Mark Webber geëindig met Red Bull wat ‘n indrukwekkende 1-2-wegspringposisie inneem.
Vettel het dit taamlik laat gelos voordat hy ‘n tydhourondte in die oggend gedoen het maar hy was vinnig op dreef deur ‘n tyd van 1 minuut, 22,723 sekodes op te stel. In die uiters warm middagtemperatuur het hy gemaklik vinniger as dit gejaag, met ‘n tyd van 1:21,264.
Lotus kan ook met vertroue uitsien na Saterdag se kwalifiserende rondtes.
Kimir Raikkonen was derde beste vir die oggend en die Fransman Romain Grosjean het sy tyd gedurende die middag geëwenaar.
Vettel het nog nooit in Hongarye gewen nie. Hy is daarop uit om sy algehele voorsprong bo Ferrari se Fernando Alonso, wat vierde in albei oefensessies geëindig het, te vergroot. – AP