Ban Ki-moon, die opperste waars?er

Deel op

ImageEk wonder in watter kristalbal mnr. Ki-moon gekyk het voor hy die verbysterende uitspraak gemaak het dat Afrika suid van die Sahara nie sy ontwikkelingsdoelwitte sal behaal nie.

Ek het so ’n tyd terug ’n pak albasters gekoop waarin ek ongeveer dieselfde dinge gesien het, maar ek kon dit ook sonder die hulp van die albasters gesien het. Daardie ou verroeste ghoen waarmee ek as kind gespeel het, sou ook deug.

Die dag toe blanke beheer in Afrika aan die swart regerings oorhandig is, kon die hele wêreld waarskynlik reeds voorspel dat Afrika op ’n afdraande pad begin wat tot armoede en ondergang lei.

Deel op

Nooit, maar nooit sal die oogmerke wat die VN stel, behaal word om armoede in Afrika uit te roei nie. Die redes daarvoor is velerlei, maar ek wil graag ’n paar hier aanstip.

’n Gekleef aan mag, aangeleerde hulpeloosheid, kulturele  kollektiewe geheue en onverdraagsaamheid teenoor ander nasies.

Die uitsonderings wat wel rykdom verwerf, is die staatshoofde wat die leisels van die Afrikalande in hulle hande hou. Hulle sal met alle mag en geweld, teen enige opposisie in, die gesag probeer behou vanweë die persoonlike en finansiële voordeel wat dit vir hulle inhou. Hoewel daar nie te veel van hulle is nie, is die paar wat bestaan nog steeds te veel, die soort despoot wat toesien dat sy land agteruitgaan en in armoede versink terwyl hy self in die grootste weelde en gemak leef.

Ons buurland Zimbabwe is maar net een klassieke voorbeeld. Robert Mugabe is iemand wat alle reëls oortree en tog die stilswyende goedkeuring van alle lande rondom hom wegdra. Die beste van alles is dat die lande se regerings net elke keer die kole uit die vuur krap en hom keer op keer red uit die baie moeilike situasie wat hy skep, in plaas daarvan om hom voor stok te kry en te sê “genoeg is genoeg”!

’n Voorbeeld hiervan is dat Mosambiek se president reeds verklaar het dat sy land enige vlugtelinge wat uit Zimbabwe sy land binnekom, sal verwelkom en hulle sal help, want volgens hom is dit die “regte ding om te doen”.

Om die kwessie verder te illustreer, hoef mens bloot na suid Afrika se beleid t.o.v vlugtelinge te verwys. Die grense is reeds wyd oop en maandeliks stroom sowat 100 000 Zimbabwiërs die land binne, totaal onwettig. En dit is ou syfers. Ek vermoed dat as die werklike syfer nou bekend raak, sal mens vind dat dit reeds veel hoer is en dat daar eerder drie of selfs vier keer soveel mense die land vanuit die noorde instroom. En dit is mense wat niks het nie.

Mense wat ’n verdere las op ons reeds wankelrigte infrastruktuur plaas en wat dalk redeneer dat enigiets beter is as die niks terug in Zimbabwe, totdat hier ook uiteindelik niks oorbly nie. En hier is ’n belangrike  punt: as dinge voortgaan soos nou, is dit net ’n kwessie van tyd totdat Suid-Afrika in dieselfde posisie as Zimbabwe sal wees, met mnr. Zuma aan die bewind van net nog ’n Afrika-anargie waar geen Westerling veilig kan wees nie.

Aangeleerde hulpeloosheid is ’n verdere faktor wat groot invloed uitoefen op die opheffing en ontwikkeling van die Afrika-inwoner. Die feit dat die VN en die Afrika-unie op ’n deurlopende basis voedsel en ander hulpmiddele aan Afrikalande voorsien, veroorsaak dat die deursnee-Afrikaland gedurig sy hulpeloosheid beklemtoon. Die gevolg is dat daar dan van die VN en die AU verwag word om in te tree sonder dat die betrokke land enige poging aanwend om die probleem self op te los. ’n Voorbeeld hiervan is die onlangse berigte wat aangedui het dat Swaziland vanjaar weens voedselhulp verlede jaar heelwat minder lande bewerk het om in sy eie voedselvoorraad te voorsien, terwyl die klein staat in die verlede redelik onafhanklik van buitelandse voedselhulp was. Slegs ’n minimum voedselhulp was nodig om die land aan die gang te hou; pleks daarvan hoef die Swazi’s nie meer te boer nie, want alles word van buite af voorsien. As mens daarmee saam in aanmerking neem die feit dat die Swazikoning ’n geweldige duur viering gaan hou om sy verjaarsdag saam met die onafhanklikheidsvieringe te vier, werp dit verdere lig op die redes vir die land se onvermydelike ondergang. Dis ’n kombinasie van vergrype aan die een kant en aangeleerde hulpeloosheid wat die klein staat stadig maar seker tot ondergang lei. Dit is daardie ondergang wat slegs deur die inmenging van die VN en ander partye vertraag word, maar dit sal nooit totaal gestaak kan word of omgekeer word tensy daadwerklike optrede plaasvind nie. Dié optrede sal waarskynlik moet gebeur in die vorm van ’n totale onttrekking van enige hulp van buite, wat die klein volk sal dwing om weer hulle eie voedsel te produseer. Sodoende sal die land weer op die pad van selfgenoegsaamheid geplaas word.

’n Verdere faktor wat groot invloed kan hê, is wat ek noem ’n kollektiewe kulturele geheue. Dit is moeilik om te beskryf en tog is dit so werklik soos die maan en sterre in die naghemel. Dis die geneigdheid vir die huidige geslag om die gedrag van hul voorouers te volg. Wat die ongelukkige erfgename van die kollektiewe bewustheid nie besef nie, is dat hulle nie meer lewe in die wonderlike utopiese tye waar hulle voorvaders niks meer gehad het om oor te bekommer as die volgende oeste en die welstand van hulle beeste nie. Terwyl daar die versugting na Westerse verbruikersgoedere bestaan, is Afrika se werksetiek en produktiwiteit dikwels nog geanker in die eeu-oue ritmes van die kontinent, soos die Franse president Sarkozy ’n ruk gelede gesê het.

Onverdraagsaamheid teenoor ander volke en bevolkingsgroepe is die laaste punt wat ek hier wil aanraak. En hoewel ek dit laaste noem, is dit waarskynlik die een faktor wat veroorsaak dat Suider-Afrika nie die oogmerke soos gestel deur die VN sal behaal nie.

Die voorbeelde wat deur Afrika verstrooi lê, is so wisselend van aard dat dit wel bietjie uitbreiding hier verg. Die feit dat mens in dele van Afrika – en ek dink hier spesifiek aan Nigerië – nog voorvalle van kannibalisme teëkom, skrei ten hemele. Dat mense wat blootgestel is aan Westerse invloede nog sulke dinge kan doen, sê duidelik dat hulle nie die wíl of die vermoë het om te verander nie. Die volksmoorde in Rwanda, Burundi, die Kongo en ander dele van Afrika hoef nie genome te word nie; dit spreek vanself. Die onlangse post-verkiesingsgeweld in Kenia en die bloedige gevolge daarvan is oor die wêreld wyd bekend. Die toestande in die DRK, Mosambiek, Angola  en ander dele van Afrika is oor die algemeen ewe sleg en ek glo dat die inmenging van die VN en die AU nie veel verskil sal maak nie. Dit kan wel dinge op die korte duur vergemaklik, maar op die lang duur is die organisasies besig om die kontinent as ’n geheel in die steek te laat.

Bogaande werklikhede sal eendag deur die VN aanvaar moet word en mnr. Ki-moon sal maar daarmee moet vrede maak, tensy hy die alternatief wil volg. As die VN en die AU daadwerklike verandering wil sien, sal hulle die kontinent alleen laat sodat hy sy eie probleme sonder die inmenging van die Westerling  of die Oosterling kan oplos.

how often should a business post on instagramФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.