‘Te min swart Geoktrooieerde Rekenmeesters kom deur’ – Instituut

Deel op

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters het Vrydag sy teleurstelling uitgespreek oor die swak slaagsyfer van Geoktrooieerde Rekenmeesterstudente. Die slaagsyfer het met 14 persent afgeneem tot 41 persent terwyl die aantal suksesvolle swart kandidate insgelyks laag bly.

“Ons is teleurgesteld oor die lae slaagsyfer, veral onder die swart kandidate aangesien ons ons daartoe verbind het om die aantal swart OR’s in Suid-Afrika te vermeerder,” het die voorsitter van die instituut, Ignatius Sehoole, gesê. "Tot ons spyt voldoen die mees onlangse statistiek nie aan ons verwagtings nie wat gedeeltelik ‘n aanduiding is van die buitengewoon hoë standaarde wat aan aspirantrekenmeesters gestel word, asook die behoefte om ons pogings te versterk.”
Deel op

As deel van die ANC-bewind se “transformasie”-beleid het groot ouditeursfirmas rojale beurse tot die beskikking van swart studente in die rekeningkunde gestel terwyl blankes dikwels ontmoedig word om om werk by sulke firmas aansoek te doen. In die bedryf word daar gespekuleer dat standaarde vir die OR-eksamen verlaag kan word om meer swart kandidate toe te laat om te slaag of dat ‘n kwotastelsel ingevoer mag word.

Volgens Sehoole het studente veral swak gedoen in die tweede deel van die eksamen in Bestuursrekeningkunde wat praktiese finansiële analise toets. Dit word deur kandidate afgelê wat reeds die eerste deel deurgekom het en wat oor ten minste 18 maande van praktiese ervaring beskik. “Dit is kommerwekkend,” het Sehoole verklaar.

бытовые насосные станцииФильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.