Thokoza-maniak se 34 kinderverkragtings was ‘n ‘vigskuur’

Deel op
Sifiso Makhubo, die Kathorus-maniak
Sifiso Makhubo, die Thokoza-maniak

Die Thokoza-maniak wat 34 minderjariges en twee volwasse vroue verkraag het en gister selfmoord gepleeg het, het aan die polisie erken dat hy aan die mite onder swart mans geglo het dat seks met ‘n maagd jou van vigs kan genees.

Sifiso Makhubo (42) het ten minste agt meisies tussen die ouderdomme van 10 en 14 met MIV besmet. Hy sou gister in die hof op 122 aanklagte van verkragting, poging tot moord en ontvoering verskyn het.

Die koerant New Age berig vandag op sy voorblad dat “bronne na aan die polisie-ondersoek gesê het dat Suid-Afrika se ergste reeksverkragter aan polisie verklaar het dat hy geglo het dat om by jong meisies te slaap hom van MIV sou genees het”.

Die aanklagte van poging tot moord het ontstaan omdat die aanklaer gemeen het dat Makhubo van sy MIV-status bewus was toe hy die verkragtings op die meisies uitgevoer het en hulle daarom met die dodelike MIV-virus sou besmet.

Makhubo het in die Penduka-deel van die Thokoza-lokasie gewoon. Na bewering het hy die jong meisies by ‘n nabygeleë winkelsentrum met lekkers en ander items aangelok. Daarna het hy hulle na ‘n oop stuk veld geneem om daar te verkrag.

Voor sy selfmoord gister in sy sel, sou hy tereg staan op die verkragting van 34 minderjariges en twee volwasse vroue van Kathorus, Pholapark en Edenpark.

Sy skrikbewind het in 2006 begin en is eers in 2011 beëindig toe een van sy jong slagoffers die moed bymekaar geskraap het om haar ouers te vertel en sy huis aan hulle uit te wys. Die ouers het agterna die polisie gebel en gewys waar Makhubo woon.

Van die jong slagoffers se ouers is steeds baie onsteld. Een van hulle, wat nie by die naam genoem mag word nie, het gehoop sy kon berusting vind. “Hy het ons gesin erge pyn en trauma aangedoen.”

Tot dusver het die HSM (hoofstroommedia) nie veel aandag aan die Makhubo se geval bestee nie, anders as die verhoor van die sogenaamde “Modimolle-monster” wat twee swart mans betaal het om sy gewese vrou te verkrag. Die “Modimolle-monster” was ‘n blanke Afrikaner, die geliefkoosde teiken van die HSM, terwyl Makhubo se geval ongemaklike vrae oor die bygelowe van swart mans na vore bring. Suid-Afrika se hemelhoë verkragtingsyfer – die hoogste ter wêreld – word ook deur swart mans veroorsaak, iets wat die HSM insgelyks as ‘n taboe-onderwerp beskou.

Makhubo se selfmoord gister het veroorsaak dat ‘n groot aantal familie en vriende van slagoffers by die hof in Palm Ridge teleurgesteld moes omdraai, maar daarmee ook ‘n belangrike toets vir die HSM afgestel, om te sien of hulle ewe veel aandag aan die Thokoza-maniak as aan hulle “Modimolle-monster” sou verleen.

Volgens ‘n woordvoerder van die departement van Korrektiewe Dienste, Ofentse Morwane, het Makhubo hom in sy sel met ‘n stuk kombers opgehang.

“‘n Nadoodse ondersoek na die sterfte van die aangehoudene word deur die polisie gehanteer,” het hy gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.