Wapenaankope was vermorsing van belastinggeld

Deel op

SAAF Gripen (6406 Photo Frans Dely).jpg“Die Weermag se Strategiese Wapenaankope-pakket wat die belastingbetaler op die einde basies R70 miljard gekos het, was ‘n vermorsing van belastingbetalers se geld. Suid-Afrika het miljarde rande se nuwe wapentuig aangekoop, maar beskik nie oor die finansies en mannekrag om dit operasioneel ten volle aan te wend nie.

“Hoogs gesofistikeerde wapentuig soos die Gripen-vegvliegtuie is aangekoop, maar daar is nie geld om bestaande vegvliegtuie en helikopters te laat vlieg nie. Ons het duikbote aangekoop, maar net een is operasioneel en een is sedert 2006 in die droogdok vir onderhoud. Die regering moet volle verantwoording hiervoor aanvaar,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Verdediging van die Vryheidsfront Plus.

“Ek het reeds van 2002 die regering gewaarsku dat indien die regering ernstig is dat die Lugmag sy funksie behoorlik moet kan uitvoer, sal hy daadwerklik aandag moet gee aan die begroting van die SANW en veral die Lugmag.

“In 2008 het die destydse minister, Mosiuoa Lekota, op ’n vraag van my erken dat die Lugmag toe reeds 91 vegvlieëniers en 822 tegnici verloor het en ’n finansiële tekort het (sien onderstaande verklaring en antwoord). Niks is daaraan gedoen nie en nou sit ons met die krisis en word duur wapentuig eintlik nutteloos. Die regering het dit willens en wetens toegelaat en is daarom ten volle verantwoordelik,” het Groenewald gesê.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.