Swart kinderverkragter hang hom net voor hofverskyning

Deel op

suicide_fingerDie polisie het ‘n dossier vir ‘n nadoodse ondersoek geopen nadat ‘n swartman wat daarvan aangekla is dat hy 34 kinders en twee vroue verkrag het, in sy tronksel selfmoord gepleeg het.

Die Mondeor-polisiestasie het ‘n dossier vir ‘n nadoodse ondersoek geopen ná sy dood in sy sel. Hy is in ‘n enkelsel opgesluit aangesien hy ‘n hoërisiko-oortreder was,” sê ‘n woordvoerder van die Gautengse korrektiewe dienste, Ofentswe Morwane.

Sifiso Makhubu, 42, sou vandag op 122 aanklagte in die Hoëhof in Johannesburg verskyn, tydens ‘n sitting in die Palm Ridge-landdroshof.

Hy het hom egter gisteraand (Woensdagnag) met ‘n stuk kombers opgehang. Hy is by die Johannesburgse gevangenis aangehou, wat as “Sun City” bekendstaan.

“Bewaarders het hom vanoggend waar hy in sy sel hang, aangetref toe hulle hom wou gaan haal om hom na die hof te bring,” sê Morwane.

Die aanklagte waarop hy sou teregstaan, sluit in: verkragting, ontvoering, moord, roof, en poging tot moord deur sy slagoffers met MIV te besmet. Die misdade het in die Kathorus-buurt in Vosloorrus gedurende 2006 plaasgevind.

Hy is in 2011 in hegtenis geneem. – praag en Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.